Die Afrikaanse Forum

Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => Angelica se plek => Topic started by: Angelica on May 18, 2011, 12:11:26 PM

Title: Broos...
Post by: Angelica on May 18, 2011, 12:11:26 PM


spoeg spoel jy
deur my   oor my
jou woorde soos graniet
verspoel wegspoel uitspoel  ek
diepe slote
soos erosie

hart verskrompel
uitmekaar geskeur
deur gille en verdriet
sing die lewe in vals note
oral opdrifsels
en emosie

++++
Title: Re: Broos...
Post by: PM on May 19, 2011, 06:47:06 AM
Dit is baie broos Elle!  Eina!  Ek hou van die spasies, dit werk goed.