spoeg spoel jy
deur my oor my
jou woorde soos graniet
verspoel wegspoel uitspoel ek
diepe slote
soos erosie
hart verskrompel
uitmekaar geskeur
deur gille en verdriet
sing die lewe in vals note
oral opdrifsels
en emosie
++++
Dit is baie broos Elle! Eina! Ek hou van die spasies, dit werk goed.