Die Afrikaanse Forum
Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => Gawelina se plek => Topic started by: Gawelina on August 09, 2012, 05:23:40 PM
-
my hart pomp vandag
verlange in liters deur my are
elke asemteug 'n noodsein,
jou naam, 'n pynroep
wat stom oor my lippe rol
ysige winterwinde ruk my lyf,
pers elke warmhart, liefonthou
deur die gate in my trui,
ontbloot genadeloos en wreed
trane wat op my wang kristalle rol
ek wens ek kon net weer
hitte in jou arms soek,
dorstig uit jou fonteine drink
ure na jou stem luister,
en 'n duisendmaal
jou naam in ekstase roep
ek wens...
ek wens jy was nog hier
-
Hartroerend mooi geskryf.
-
Dit is treffend Gawelientjie. Ek lief dit. :love7: