Die Afrikaanse Forum
Die kuierstoep => Kom kuier saam => Topic started by: PM on August 07, 2012, 08:09:55 PM
-
Ouens, toe kry ons koud nê! Goeiste, ek kan nie onthou wanneer laas ek so koud gekry het nie.
Toe trek ons na die Noorde, want hier ryp dit nie, dit sneeu nie, dit kapok nie, dit hael nie, reservoirs verloor nie water nie, maar o wee, verlede somer toe hael die hael ons tuin uitmekaar, toe maak die reservoir sy magie leeg en nou kapok dit dat die kapok wit sit! Ek dink die ouens in die omgewing wens dat ons liewers terug trek van waar ons vandaan gekom het. :icon_biggrin: Jammer, ons het gekom om te bly! :icon_biggrin:
Fransi, ek sien dit kapok tot in jou area. Wat het julle gedoen?
-
:icon_biggrin: ... die badkamer perserig begin te verf? :icon_biggrin:
Ons het die sneeuman-weer slegs in die vorm van 'n ysige, ysige wind en bibberkoue, maar een van die dorpe na aan ons kon blykbaar 'n kapkgeveg hou. ;-)
Baie vreemd, so saam met die koue het twee van die vrugtebome besluit dat dit nou die regte tyd vir bloeisels is.
-
:icon_biggrin: Ek glo jou nie! :icon_biggrin:
Ons jongste woon in Centurion en hy sê die vinke bou nes en die roosbome stoot uitloopsels.
Weet die plante en die diere iets wat ons nie weet nie?
-
waars de fotos?
Ek het al agtergekom dat sneeu net vir die eerste 30 minute snaaks en lekker en oulik is,.......daarna net koud en 'n modder gemors.
Gelukkig is ons sneeu net op die berge waar dit die water spons vol maak vir die somer.