Die Afrikaanse Forum
Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => Fransi se plek => Topic started by: Fransi on August 07, 2012, 08:38:37 AM
-
:hello:
-
Slegs iemand wat woorde kan voel en beleef kan so skryf. :icon_salut:
-
:hello:
Baie baie dankie PM. Jy het my nou tranerig met jou mooi woorde. Baie dankie.
-
Ag, dit is tog maar net die waarheid. Soms glip die regte woorde so by my verby, maar as ek dit weer moet gaan opdiep is dit net weg, soos gister se "pay". :icon_biggrin:
'n Mens moet 'n "verhouding" hê met woorde, en hier is 'n hele paar van my matertjies wat dit het. Dan kan ek myself tog so inleef in hul liefdesverhouding daarmee! Ek is ook so dankbaar dat ek deel daarvan kan wees. Ek wens julle kon besef hoe ongelooflik bevoorreg ek is om julle woordskatte te deel. Vir my is dit net een groot plesier!
Raaitjie het my ook al dikwels tot stilstand geroep. Sy het werklik die vermoë om diep te kyk en my te help om ook so te doen.
Ek is verlore sonder julle!
-
Dankie PM. Ja, Meraai was die persoon wat my destyds op Woes so geïnspireer het met haar werk en die verskillende digstrukture dat ek by die forum daar begin te inloer het en meer wou weet en leer. Sy , die Boksemdais-bundel mensies en die mensies hier het werklik wat die digkuns aanbetref 'n baie groot invloed op my gehad en het dit steeds. :love7:
-
Dit is sooooo pragtig. Woorde ontbreek om die plesier wat dit my verskaf het, neer te pen. So dankbaar dat ons griffels mekaar kan inspireer :love7:
-
Hier is dit nou weer:
Ingrid Jonker:
Jy wat die glasskerwe van weggooibottels
soos ‘n geheim
in die grond kon bêre ‒
dit kon inpapie met die roulint van blare
beenwit gewier,
‘n oopgedolwe kerker
jy wat in jou eie op en af
die skuimskot van branders
kon naderhark
in leed-uitbundige verse
doodstil gewieg
in die gladmaak van golwe
in die ruising van jou woorde
spoel daar steeds krappies uit
wat die wolke se fynskrif
op duine herhaal.
-
Regtig hoendervleis mooi! :notworthy:
-
Dankie PM. :-)