Die Afrikaanse Forum
Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => Gawelina se plek => Topic started by: Gawelina on August 05, 2012, 04:28:38 PM
-
Soms hoor ek 'n melodie
gister in klank getoonset
'n oomblik teruggebring,
van dit wat was,
maar nooit kon wees
Soms sien ek 'n vuurrooi son
wat donker nag besweer
kleurespel herhaling
van dit wat was,
maar nooit sal wees
Soms ruik ek reënvars grond,
gister se roos in my hare
onthou in parfuum bewaar,
dit wat was,
maar nie meer is
Soms word ek in swart nag wakker
met 'n koester om my lyf,
komberse wat my knus omvou
soos arms uit die verlede
dit was destyds was
en nie weer sal wees
dan besef ek...
Soms, in 'n onbewaakte oomblik,
het jy nog die mag
om my hart te raak,
dan kom ek agter
ek kan nie vergeet.
-
:hello: :toothy4: ♪♪♫
-
Pragtig geskryf Gawelientjie. Ek wou graag iets uithaal wat vir my treffend is, maar alles is treffend. :notworthy:
-
:hello:
So mooi geskryf.