Die Afrikaanse Forum

Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => Adéle se plek => Topic started by: adele on August 01, 2012, 07:00:57 PM

Title: wanneer verraad iemand skaad
Post by: adele on August 01, 2012, 07:00:57 PM
hulp en raad en kritiek... ek stuur my kollektemandjie om...
kan julle die woorde verstaan?


Verraad

Deur Kameeldoring se takke
spoorsny hul die nagruim
agter ‘n volmaan aan.
Wanneer Jakkalsdraai se koggellag
die huilroep van hiënas
in die laagte verstil,
kruip hul vrees
in die growwe stamgleuwe in.

’n Springbok se spiere trek saam
in die wegspringblokke
tussen veldbos en graspolle,
maar te laat!
Verraaier het reeds sy snaar getrek,
die pyldood ligsnel
in sy hart laat dring.

Verslaentheid daal neer-
soos ’n goiingsak
met growwe stofdrade…
laat krapmerke in elke siel
wat eendag dalk,
met verhewe littekens,
in rus sal genees.

Title: Re: wanneer verraad iemand skaad
Post by: PM on August 02, 2012, 05:15:23 AM
Dit is baie goed geskryf Adéle. 
Die bitter wat verraad agterlaat is galbitter.
Ek sien regtig niks fout nie.