Die Afrikaanse Forum
Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => Trappies se plek => Topic started by: Trapsoetjie on May 17, 2011, 10:50:18 AM
-
Koue
Winter het my binne gedring
toe jy die deur agter jou toe maak.
Warm reendruppels het my wange benat.
Gure weer het my binneste oorgevat.
Storms woed, verwoeste blitse beur deur my.
Pyn het nog nooit so gebloei nie
Vuil, goedkoop, weggegooi,
is iets waarmee ek my nou tooi.
Vat my hand voor die aand verby is.
Te laat is net soos dit!
Deur alles wil ek hê jy moet een ding onthou.
Ek is baie lief vir jou!
© :angel12:
-
Mooi Trappies. Jou pen is besig nê! Ek hou daarvan.
-
Ai, hoekom bly ons lief al word ons verguis?
Niks beter om dit te beskryf as 'winter'.
Pragtig.