Die Afrikaanse Forum

Die kuierstoep => Kom kuier saam => Topic started by: PM on July 31, 2012, 10:35:49 AM

Title: Snaaks genoeg...
Post by: PM on July 31, 2012, 10:35:49 AM
Jy kom tuis en iemand vra vir jou:  Is jy by die huis?  :icon_biggrin:
Nee, ek is nog in die stad!   :icon_biggrin:
Title: Re: Snaaks genoeg...
Post by: Naas on July 31, 2012, 10:38:48 AM
Daai's niks. Bel jou en vra of jy wakker is. Nee, verdomp, ek praat in my slaap.




 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Snaaks genoeg...
Post by: Trapsoetjie on July 31, 2012, 03:12:25 PM
Die foon lui...ek antwoord..."Halllooo" ... Persoon antwoord "Kan jy praat?"... my reaksie ..."Nee, ek het 'n "smartphone" hy antwoord sommer vanself.  :evil6:

Moet by sê ek is skuldig.  :dontknow:

 :angel12:
Title: Re: Snaaks genoeg...
Post by: PM on August 01, 2012, 09:27:43 AM
Lekker lag ek nou.  Ek wil ook die krieps kry as mense mekaar skakel en vra: Kan jy praat?
Natuurlik kan ek praat, jy weet mos ek is nie stom nie.   :angel4:
As ek besig is met iets anders sou ek nie my foon geantwoord het nie.   :dontknow:

Title: Re: Snaaks genoeg...
Post by: Elizabeth on August 02, 2012, 06:13:59 AM
Skaterlag!!
:hello2:
Title: Re: Snaaks genoeg...
Post by: PM on August 02, 2012, 07:27:59 AM
Daar is nog baie sulke "snaaksighede", jammer ek kan nie onthou nie.   :bootyshake:
Title: Re: Snaaks genoeg...
Post by: bloubefoeterd on August 10, 2012, 12:48:20 PM
Dis soos wanneer jy in 'n lamppaal vasloop dat jy net sterre sien en half uit op jou voete is en die eerste ou by jou vra: Is jy oukei? Ja meneer dankie vir die besorgdheid en ten spyte van geheueverlies hoofpyn, 'n blouoog, die feit dat ek nie op my voete kan staan nie en 'n neus wat bloei moet ek saamstem dat ek oukei is.
Title: Re: Snaaks genoeg...
Post by: PM on August 11, 2012, 01:27:47 PM
Hi BB, lekker om jou weer raak te lees.  Ek het jou gemis.

 :icon_biggrin: Jy laat my nou aan die boer dink wat 'n stofwolk by sy plaashek sien en in sy kar spring en gaan ondersoek instel.  Daar gekom sien hy 'n ryk Jood wat sy kar gerol het, en uit die stofwolk uitstap.  Hy vra toe ook of die man oukei is.
Die man maak toe 'n beweging met sy hand wat vir die plaasboer soos 'n geloofskruis lyk.
"Jy het seker baie seer gekry." sê die boer.
"No sir, I just checked my spectacles, my checkbook and my testicles, I am ok thank you!"

Title: Re: Snaaks genoeg...
Post by: bloubefoeterd on August 11, 2012, 02:28:32 PM
uitstekende een PMpie!! :sign10: