Die Afrikaanse Forum
Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => Elizabeth se plek => Topic started by: Elizabeth on July 27, 2012, 05:24:50 AM
-
By die waterbak hier in ons tuin
daal blou duiwe daagliks pofveer neer
Toontjies pienk en pragtig,
vredeversies in vlerke toegevou
sing hul sag hul weemoedwysies
vir my en ook vir jou
fladderveer en klouter
trap hul op die huis se dak
soms laat hul my toe om stil te kyk
hoe hul vlerksleep en kafoefel
sirkeldraai teen blou, blou lug -
skemeraand se tuiskom na 'n dag se vlug
-
skemeraand se tuiskom na 'n dag se vlug Dit is asof my siel rus vind in hierdie woorde.
Ek hou hiervan, dankie vir die deel Sussa.
-
ek lief duiwe net so - hier by ons kuier hulle ook heeltyd
dis 'n prag fototjie en gedig
-
Baie dankie Willa....duiwe se lyftaal is strorieverteltaal en ek lees dit graag!
-
Ek hou van die rustige manier waarop jy die gedig gevorm het. Die weemoed gesang vul my ore sonder 'n woord. Dis regtig 'n baie mooi uitbeelding van 'n pragtige foto.
:angel12:
-
Dankie Trappies, sulke warm woorde op my nugtermaag maak my dag sommer vrolik!
:hello:
-
Ek lief hierdie storieverteltaal net so baie. Soos altyd, prrragtig Sussa!!
-
so mooi. duiwe is g'n so vaal nie. :toothy4:
:grommit: