Die Afrikaanse Forum

Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => Elizabeth se plek => Topic started by: Elizabeth on July 23, 2012, 12:08:19 PM

Title: Akkerboom.
Post by: Elizabeth on July 23, 2012, 12:08:19 PM
jou takke strek tot wie-weet-waar
en duisend stories lê
in donker skadu’s opgegaar

sou die somer ooit weer kom
sien ek jou guitig in jou groen rok blom

ek hoor alreeds die duiwe sing:
koe-koer-doek
oor die koelte wat jy bring

jy staan al donkiejare daar,
‘n vashouplek, ‘n steunpilaar,
Ma-se-akkerboom hier voor my huis
by jou is ek vir ewig tuis

Elizabeth Kendall ©
Title: Re: Akkerboom.
Post by: Ah Willa on July 23, 2012, 06:52:50 PM
koe-koer-doek  - te mooi!!

dis 'n prag gedig - my tone krul sommer om!
Title: Re: Akkerboom.
Post by: adele on July 23, 2012, 08:38:30 PM
   :hello2:   ek wil ook in daardie takke wegkruip

 :grommit:
Title: Re: Akkerboom.
Post by: Meraai vannie Baai on July 23, 2012, 11:13:00 PM
Die stewigste tak uitgesoek sodat ek onderstebo kan hang en elke kleurvolle duim (of cm) en bekorende geluide om my behoorlik kan beskou en beluister vanuit alle hoeke  :toothy4:
Title: Re: Akkerboom.
Post by: PM on July 24, 2012, 11:32:55 AM
Sussa, hierdie is boektoegoed.  Dit is werklik mooi. 
Die lente blom in die skildery.  Lyk soos 'n sprokieswêreld.
Title: Re: Akkerboom.
Post by: Elizabeth on July 27, 2012, 05:28:46 AM
Baie dankie PM!