Die Afrikaanse Forum

Die kuierstoep => Kom kuier saam => Topic started by: AB on July 21, 2012, 06:30:48 PM

Title: Goeie nuus
Post by: AB on July 21, 2012, 06:30:48 PM
Goeie nuus gekry gister ( Vrydag 20 julie 2011)
Die huisplanne is goed gekeur en ek het die bouer en asessor ingelig en al 2 is baie bly soos ons.

Baie binnekort kan die bouer dan begin en hopelik kan ons huis warm maak party hou waneer ek in begin van oktober verjaar.

ek hoop bouer kan so gou maak soos hy seg hy kan. hang net af hoeveel die reent hom ophou.
Title: Re: Goeie nuus
Post by: Ah Willa on July 21, 2012, 06:43:42 PM
yahoo   :toothy4:
Title: Re: Goeie nuus
Post by: Meraai vannie Baai on July 22, 2012, 12:42:26 AM
Geluk Stoffeltjie & Kie!! Laat weet wanneer ons hierdie kant die elmboge kan lig om te deel in die fees hoor!
Title: Re: Goeie nuus
Post by: AB on July 22, 2012, 07:43:01 AM
dankie rita, bouer seg so 6 weke as reen nie lastig is nie maar ek hoop oor 9 weke kan ons intrek dan is idt my verjaardag ook, begin okt
Title: Re: Goeie nuus
Post by: Meraai vannie Baai on July 22, 2012, 11:03:37 AM
Nou ja. Datum geboek diekant hoor!! En plek ook bespreek vir die sneppies met die nuwe speelding.  :hello2:
Title: Re: Goeie nuus
Post by: Trapsoetjie on July 23, 2012, 12:26:40 PM
Baie  :hello2: geluk  :hello2: julle  :hello2: twee  :hello2: Dit was 'n lang wag, maar lyk of dit die moeite werd gaan wees ... :hello2:

 :angel12:
Title: Re: Goeie nuus
Post by: PM on July 24, 2012, 12:42:17 PM
Mooi so AB!  Dit is more 'n maand vandat ons moes swem en ek voel of alles my nou onderkry.  Julle moet werklik 'n medalje kry vir julle uithouvermoĆ«. 
Title: Re: Goeie nuus
Post by: AB on July 24, 2012, 01:48:23 PM
Byt vas PM en kyk vorentoe en dink positief as jy kans kry.

vir my ook so 2 maande na 3 maande geneem voor ek weer nugter en normaal kon idnk.

die bouer het my netnou gebel en geseg hy wil maandag begin afbreek.
Title: Re: Goeie nuus
Post by: Ah Willa on July 24, 2012, 05:47:54 PM
AB se vir hom die address is in Goodwood  :toothy4:

Sterkte met die verbouery - dit kan ook maar stresvol wees - maar as dit darem klaar is - dan gaan dit heerlik wees.

PM al my liefde draf oor na jou en Hannes met baie drukkies vir moed en se ek hou spoed - die einde lyk goed ... alles gaan nuut en vars wees en tog 'n eie verhaal om te vertel  :love7:
Title: Re: Goeie nuus
Post by: PM on July 27, 2012, 10:10:52 AM
Wils, ek dink AB moet liewers my adres opgee!  :icon_biggrin:
Die sitkamer se fondasies is besig om te sak en ons is bevrees ons stap een oggend daar in en die dak lê op die vloer!

Dit was al 'n maand nadat die ramp ons getref het en ons sit nog steeds en wag vir uitsluitsel.  Die belaglike bedrag wat ons aangebied is om die huis te herstel is werklik 'n klap in die gesig.  Almal om ons se huise is al 80% herstel en ons wag nog!

Jis AB, ek probeer my bes.  Net as ons moed skep dan gebeur daar weer iets wat ons moed in ons skoene laat sak.  PSG Consult is beslis nie die plek om jou versekering te doen nie.  Ons is bly ons het uitgevind hoe lamsakkig hulle is voordat Hannes hulle gevra het om ons pensioen te behartig.  Die makelaar is net daar om kommissie te verdien.
Hy het pas ons versekering hernu vir presies dieselfde bedrag as wat dit was, nou is ons nog steeds onderverseker.  Al is dit met minder as R200.000.00  :icon_biggrin: