Die Afrikaanse Forum

Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => Elizabeth se plek => Topic started by: Elizabeth on July 20, 2012, 03:29:59 PM

Title: Uurglas
Post by: Elizabeth on July 20, 2012, 03:29:59 PM
’n Boepensbloubeker
geurige koffie
‘n louwarm sonstraal
deur die venster
en oor die wilde knoffel
by die icebergs se voete
swart oggendkoerant
by die klein hekkie
ingekonsertina
waar die fyn wit jasmyn
van blywees blom
sagte blou duifgeselse
terwyl 2011 sy koffer nadertrek
en bondels klere begin inpak:
een vir een
 
Elizabeth Kendall ©
Title: Re: Uurglas
Post by: Ah Willa on July 20, 2012, 04:38:28 PM
Skrik ek my amper dood - sien ek het ook 'n gedig genaamd uurglas, en ek wonder toe nou hoe pop dit dan nou hier by jouse huisie uit,
amper tog ek hier hardloop 'n kabouter rond en krap die forum om, wou nou net in paniek van JanDink attend maak op die moontlike kattekwaad

maar toe lees my oe eers mooi - dis jou gedig in jouse eie huisie ... great mind thinks almost alike ... joune net beter gedink as myne :-)

mooi gedig, nou gaan ek gou koffie soek  :coffee2:
Title: Re: Uurglas
Post by: Elizabeth on July 22, 2012, 03:16:31 PM
Dankie Willa, hoop die koffie het getroos! ;-)
Title: Re: Uurglas
Post by: Naas on July 22, 2012, 05:24:18 PM
Dit is sekerlik van nou af my gunsteling woordskildery.





 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Uurglas
Post by: Meraai vannie Baai on July 23, 2012, 03:25:37 AM
007 wil bitter graag 'n kroon op hierdie pronkstuk plaas  :icon_salut: :notworthy: Boektoegehalte is jou skeppings een na die ander mater!!!
Title: Re: Uurglas
Post by: Elizabeth on July 23, 2012, 11:51:57 AM
Baie dankie Naas en Raaitjie, wat 'n heerlikheid!!
Title: Re: Uurglas
Post by: PM on July 24, 2012, 12:01:01 PM
'n Ware woordfees.  Ek stem, dit is beslis boekgehalte. 
Ek wil asseblief ook graag so 'n boepensbloubeker hê!  :bootyshake:
Title: Re: Uurglas
Post by: Elizabeth on July 25, 2012, 07:23:51 PM
As jy dronkwordspruit toe kom, kan jy met liefde kom proe! ;-)
Title: Re: Uurglas
Post by: Meraai vannie Baai on July 25, 2012, 11:52:23 PM
Moet asb nie komkommer as julle soek na 'dronkwordspruit' nie ...  :book1: :notworthy: :icon_salut:
Title: Re: Uurglas
Post by: PM on July 26, 2012, 07:00:03 PM
Ek sal een van die dae my karretjie se wielietjies in daardie rigting stuur.  Ons het 'n bietjie liefde en 'n blou boepensbekertjie vol boeretroos nodig. 
Title: Re: Uurglas
Post by: Elizabeth on July 27, 2012, 05:08:31 AM
Gaaf! Laat weet net dan rol ons die rooi tapyt uit!
En as jy soet is, kry jy ook beskuit!  xx
Title: Re: Uurglas
Post by: Ah Willa on July 28, 2012, 01:04:25 PM
hier onder wag ons tussen die druiwe parse vir julle vaalpens wiele om diekant toe te draai - ons he ook  :coffee2: en boeretroos en baie wyn vir die pyn  :icon_bigsmurf:
Title: Re: Uurglas
Post by: PM on July 29, 2012, 07:31:38 AM
Ons soek iemand om hier te kom bly om toesig te hou oor die herstelwerk in die huis en tuin.
Ons betaal met liefde en bied gratis woonplek aan, want ons gaan wegloop.  :icon_biggrin:
Dan kom ons by almal kuier op een voorwaarde, julle sê vir niemand waar ons is nie.   :icon_biggrin:
Title: Re: Uurglas
Post by: Ah Willa on July 29, 2012, 08:16:49 AM
my lips are zipped  :toothy4:
Title: Re: Uurglas
Post by: Meraai vannie Baai on July 30, 2012, 01:31:48 AM
Ek kom aanmeld vir liefdesdiens  :love7:
Title: Re: Uurglas
Post by: PM on July 30, 2012, 04:52:41 PM
Haai oe Blommie, jy is so dierbaar. 
Hier klets ons Sussa se uurglas heeltemal leeg!
Sussa, kom skree net, dan vee ek al die kletsies uit wat jy nie hier wil hê nie gehoor.
Title: Re: Uurglas
Post by: Fransi on July 31, 2012, 10:00:25 AM
 :hello:

Besonders geskryf. Ek lief die duiwe- beeld en die slot is werklik treffend.
Title: Re: Uurglas
Post by: Elizabeth on August 01, 2012, 06:14:22 AM
Dankie Fransi!
Ag toemaar PM, laat staan maar die kletse, dit verskaf ure se genot in ledige oomblikke (wat min is!) xx
Title: Re: Uurglas
Post by: PM on August 01, 2012, 09:57:51 AM
Dankie Sussa.  Ons is 'n regte klomp kletskouse en gryp elke geleentheid aan om saam te kuier.   :toothy4: