Die Afrikaanse Forum
Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => Naas se plek => Topic started by: Naas on July 13, 2012, 09:37:50 AM
-
Die alleen Ruiter
Wanneer donker sy swart kombers oor my trek,
rus ek weer my kop op eensaam se kussing
en vaak hardloop weg
om my in alleenheid te los…
alleen vasgevang in gedagtes..,
begeertes…
Is dit die werklikheid
van wees..?
van bestaan..?
van is..?
‘n Smagting na warmte…
Arms omvou…
Nog ‘n lyf…
Soos die ruiter van Skimmelperdpan.
Elke aand maar weer dieselfde galop…
Die galop..,
die galop..,
die eensame galop…
In my kop.
Waarom rus jy nie…
Rus jy nie…
Jou eensame perd..?
Waarom hou jy my elke nag op?
Altyd maar weer die eensame galop…
Die galop…
Die galop…
Die eensame galop
In my kop.
:icon_bigsmurf:
-
Beskryf jy my aande. So goed. Voel of ek weer kan gaan WakkerSlaap. :hello2:
Baie beskrywend ek hou van die "donker sy swartkombers" en "Soos die ruiter van Skimmelperdpan."
:angel12:
-
Welkom matertjie, ek dag jy het die aarde verlaat en sit bo in 'n boom!
Jou gedig roep so galoppende aan my hartsnare; kan nie help om eers die emosie te voel en dan komtaartjie te los nie. Alhoewel ek nie veel van liedjieskryf weet nie, glip daar 'n deuntjie oor my kitaarsnare en wens ek, ek kon dit opneem en deel. Dit is goed geskryf, ek hou daarvan.
-
die galop in my kop ... jy mag maar Naas ... jy mag maar
dis 'n flippen mooi gedig
-
Ek stem saam, hierdie is PUIK lirieke :love7: Trappies se 'wakkerslaap' en Naas se galop...galop weerklink ritmies tot in my vingerpunte waar akkoorde gillend stoei vir 'n plek :hello2: :notworthy:
-
Dit is tyd dat jy 'n skelmpie kry Naas. :icon_biggrin:
-
Ek het een maar sy weet dit nie.
:icon_bigsmurf:
-
Ek geniet vanoggend die "weerlees". Dit neem my gedagtes terug na die wonderlike samesyn in die Kaap.
-
Deesdae ry ek weer die perd bloots. My skelmpie het my gelos toe sy hoor ek is getroud.
:icon_bigsmurf:
-
Eish! Shame! of nie? Het ek nie laas gehoor dat jy van "getroud wees" beskuldig was waarvan jy niks kon onthou nie?
-
Dis my vrou wat die rumour versprei dat ek getroud is.
:icon_bigsmurf:
-
Wat 'n remoer van 'n rumour. Dagvaar haar!
-
Die Ruiter van Skimmelperdpan is een van my geliefkoosde gedigte.
-
Marinda, dit is "nuwe lede" wat die forum weer lewe gee en al "die ou koeie uit die sloot uit grou".
Lekker verby om weer te lees Naas.
-
'Wanneer donker sy swart kombers oor my trek,
rus ek weer my kop op eensaam se kussing'
Wat kan ek meer sê? Is maar goed, Naas. Is maar bleddie goed!
-
Hierdie laaste twee weke was ook vreeslik eensaam vir my. Hou tog duime vas dat my ander helfte gou weer saam met my is.
-
Hoe gaan dit met Oom Hannes?
:icon_bigsmurf:
-
Ek kom nou van die hospitaal af. Hy is nog in ICU. Moet nog 'n eenheid bloed kry. Ons wag vir die uitslag van nog bloedtoetse. Dit is beter dat die dokter 100 seker is dat hy OK is.
Ek gaan weer 3 uur.
-
PM, jammer om te hoor jou man is siek. Ek dink aan julle
-
Wonder ek hoe dit nou gaan met Hannes en ook met jou PM. Die kommer wanneer ons maat aan die sy ernstig siek raak is pure hel. Dink aan julle :love7:
-
Dankie matertjies. Ek het ge-antwoord dat dit nou goed gaan. Lief julle!