'n Bietjie Tyd
Tick-Tock Tick-Tock
poca
so min nou oor, van geleende tyd
Tick-Tock Tick-Tock
pochi
gee my asseblief so bietjie meer!
© Meraai vannie baai
*Tick-Tock (a fictional character that could control time, causing people to freeze in place)
*poca (little not much)
*pochi (few not many)
Doop jou elektroniese pen in die kreatiewe ink - gryp die woordeboeke en laat die ABC kreun! :toothy4:
Nog 'n voorbeeld:
Voilà vir die Woord-Arties
Ek skommel die ABC
nes kleintydse dolosse:
Tä dä!
Pronk daar gou 'n vers of twee
van kul jou hier en kul jou daar:
Voilà!
In die gehoor aan my voete
word elke woord geweeg
en te lig bevind ...
Selah.
© Meraai vannie baai
* Voilà (spreek uit vwaalaa ) / ta-da (tä dä′) .. there you are .. there it is!
Hier is PM se pragvoorbeeld:
Enitor (om te werk, vrugbaar te wees).
Memento mori
'n eeue oue storie
ek kan bely
die lewe glip gou verby
Cito, laat niks jou rem
die oggend stond
het goud in die mond
Cito! Carpe diem!
© Piet Magriet
Memento mori ("Onthou ons is verganglik, ons moet sterf, ons sal sterf)
Cito ( gou, spoediglik, sonder versuim)
Carpe diem (pluk die dag, gryp die oomblik aan)
Was soooo bly toe ek hierdie voorbeelde van jou weer ontdek tussen die woordeboek se rugstut wat jy vir my doerie jare aangestuur het PM. Duisend dankies weereens. Dit is meer as goud en silwer werd want die ou boekie van woorde is nou soos mis voor die son .... weg. Gone.
As ek so deur die goed lees dan besef ek dat baie van my skryfseltjies gebore is uit die oefen van gedigstrukture.
Ja, ek het 'n briefie van Willem ontvang dat die "blog" verwyder is.
Hoekom weet ek nie, maar ons sal die meeste weer hier kan vasvat en saambind matertjie.
Om te dink, ek het so lank terug bevrees geraak dat ons boekie dalk uit die hemelruim sal verskiet! Wonder net of dit heeltemal uitgebrand het of waar het dit geval?
Hierdie struktuur moet boek toe. Kom julle ouens, ek wag vir nog voorbeelde. Seblief :bootyshake:
Ek is al sooooo opgewonde oor boek twee :love7: :hello2:
haiku
bon soir mon chat noir
petit ami sans merci,
naturellement
:glasses9:
senryu
Ad infinitu
confortare esto vir,
vini vici quo?
Ha ha, lag ek nou te lekker Marius. Jy moet net hier en daar 'n woord leen uit 'n ander taal en nie die hele gedig daarin skryf nie.
Deo Valente
Deo juvante
met God se hulp
kom ek oor die bult
Deo gratias
aan God dank
vir elke klank
Deo favente
met God se goedkeuring
dra ek Andre se trouring
Deo Valente
soos God wil
daarom wees still
Deo, non fortuna
van God, nie met kans
daarom bly ek dans
Deo valente
Deo gratias
Deo bona fide
© Ah,Willa!
-=-=-=-=-=-=-=-=-=-=-=-=-=-=-=-=-=
bona fide - in good faith
Deo - God
Deo valente - in God's will
Deo gratias - thanks be to God
Deo juvante - with God's help
Deo favente - with the favor of God.
Deo, non fortuna - from God, not from chance.-=-=-=-=-=-=-=-=-=-=-=-=-=-=-=-=-=-=-=-=-=-=-=-=-=-=-=-=-
PM is dit buld of bult??
Pragtig Wils.
Gewoonlik kan 'n mens vasstel of die woord met 'n d of 'n t eindig wanneer jy dit in meervoudvorm uitspreek.
Bult sal dus bulte wees.
PM d met t vervang - as ek dit lees as jy dit skryf maak dit sin ... as ek dit hier op my eie probeer uitwerk, selfs in die meervoute dan maak dit nie sin .. dis asof die klanke my so verwar dat ek selfs nie die reels kan onthou nie ...
kan ons dalk 'n verwysing hoekie in die Biblioteek kry - waar sulke reels vir reference kan wees??
dalk het ons nog dyslexia maatjies onder ons :-)
Wils, ek sal vir jou die skakel gaan soek. Dit is daar. Gee my 'n minuut.
Hier is dit matertjie.
http://forum.afrikaanseforum.co.za/index.php?board=70.0
ah-ah - besoek die klaskamer Willa!! :angel12:
Oproep
Hierdie gedig is nie 'n rebelgedig nie,
hierdie gedig is eendag, blerrie eendag!
Het jy die nuus gelees vandag?
Ek knyp my oë toe, dis Afrikaner nag!
Ek vra jou hoe lank nog,
die lied van die Gedrog?
Maak~vrek~daardie~wit~boer,
dubula ibhunu.
Op die TV tart jy my,
maak jy nes jy wil, jou stemme sal jy kry.
Kom vertel my hoe voel jy,
as jy mense so laat ly?
Verkrag~ daardie~ wit~ hoer,
dubula ibhunu.
Gebroke lê die lyk,
nog 'n wit kind het in die stof gebyt.
One~ Settler~ One~ Bullet,
dubula ibhunu.
Dis nie meer water van 'n eend se rug,
ook nie meer water, onderdeur die brug.
Staan op staan nou Boerevolk!
Trek uit die daardie swart dolk!
Nóú end jou uhuru,
jou blacks only ubuntu.
Het jy die nuus gehoor vandag?
Fluister gerugte van 'n Vierkleurmag?
Die opstand vir vryheid,
weg uit ons swart hel uit.
Jy't ons gedryf soontoe,
dubula imuntu.
:glasses9:
Sit mors non superbum
Odin onderbo staar ons
hoe sy arcana 13 val.
"Sit mors non superbum",
sy was, en dit was al.
Nou sit uil en raaf en arend,
oor die wit duif en die knal.
"Sit mors non superbum",
krake in sy dyk se wal.
O boerekind van skoppe!
O krimpende heelal!
"Mors sit solum tristis",
amen, amen, et al.
*Odin - "Die gehangde man" is kaart nr. 12 in die Tarrot en simboliseer:
opoffering; oorgawe; passiwiteit; aanvaarding; afstanddoeningen nuwe insig.
*"Arcana 13" - is "Die Dood" in die Major Arkana, kaart nr. 13 in die Tarrot en simboliseer: einde van 'n siklus; verlies; diep treur; diep verandering en metamorfose.
*"Sit mors non superbum" is Latyns vir: "Dood, wees nie trots nie."
*"Mors sit solum tristis" is Latyns vir: "Dood, treur slegs."
LW. kaart 13 is omgedraai in die foto.
Amandla
Dis nie meer ou Apartheid,
dis die swart amandla,
wat die wit nie verdra.
Malema, swart rassis,
Zuma wat nie "rapist" is,
wapen skandaal, e-toll hek,
Delmas is 'n vlagbrand plek.
Dis nie meer wit Apartheid,
dis al lankal verby,
dis al lankal bestry.
ANC, Muilbandwet,
wittes word van werk belet,
HIV, meer en meer,
regering wil nie retropille gee.
Dis nie meer ons Apartheid,
dis ons Reënboogland
en hy's aan die brand.
Polisie-korrupsie,
eers Selebi toe Cele,
misdaad-vlaag-loopprotes,
witkruis-plaasmoord-monument.
Dis nie meer ons Apartheid,
dis 'n nuwe euwel,
wat ons land laat sneuwel.
Necklace xenofobia
mutimoorde sangoma
Robert Mugabe pellie pêl,
welkom innie witmens hel!
Dis swart haat amandla,
wat ons wit nie wil verdra
in die nuwe Suid Afrika.
* "Amandla" is die Xhosa woord vir "mag" en is 'n gesogte swart opstand kreet.
Koffie, dankie!
Koffie~Kahve~Mocha~Java~Arabica'se bitterboonwyn.
Jy, die geurig donker draaikolk met herontwakening belaai.
Jy, die opkomson se grondlangs skyn,
wat nag verjaag en met "lig" hoop saai.
O vriendskapmaker en geselsgenoot,
O laataandmater tot vroeë smorensuur,
O vloeistofvreugde en opkikvennoot -
brug my muur met jou kaffeinnekuur!
:glasses9:
Pragtige voorbeelde Marius en Willa :notworthy: :icon_salut:
Baie goeie werk. Marius, jou werk laat my sidder, die waarheid op papier!