Die Afrikaanse Forum
Digkuns => Digformules of -strukture => Topic started by: Meraai vannie Baai on July 05, 2012, 07:46:32 AM
-
Die eie struktuur word gevorm deur ses reëls waarin die lettergrepe onderskeidelik afgewissel word: 6/9/6/9/6/9
Drie onderwerpe wat 'abstrak' gebruik word om die beeld/emosie oor te dra.
Die 6/9 wat herhaaldelik gebruik word is ook 'n verwysing na dan is jy bo, dan is jy onder
Verwagtinge/teleurstellings. Positief/negatief - soos die kringloop van menswees.
Uitslag: (Ab)normale selle
Daglig - slegs 'n tonnel
na die duister van onsekerheid
en vrees - 'n serp, geweef
met die laaste kleure van die son
wat wurg om menswees krom;
die maan - 'n sekel teen die hemel.
© Meraai vannie baai
*ek het drie 'positiewe onderwerpe', negatief gebruik om emosie voor te stel.
-
Ek lief hierdie struktuur en jou voorbeeld.
-
Ek het gou skelmpies hier kom inloer. Die werk kan 'n bietjie wag.
Dankie Raaitjie, ek kan nie wag om self te kom saamspeel nie.
Jou voorbeeld is soos altyd, uit die boek uit en dit moet ook boek toe.
-
'n heerlike uitdaging en prag voorbeeld ;-)
-
Bly julle het geniet. Plek geboek vir julle skeppings hoor :notworthy: :icon_salut: :book1:
-
Asseblief ouens, kom skryf saam, hierdie onderwerp moet boek twee toe. Ek sal ook nog myne bring. Gee my net kans om droog te word. :angel7:
-
EK wil, ek wil, maar my gedagtes wil nie hok toe nie. Sodra ek iets neer gepen het, sal ek dit hier plaas. :hello2:
:angel12:
-
Beloofde lyne
'n Kis is staangemaak -
beloftes nadergetrek; langs my
glimlag die woordmandjie
oopbekgul. Vyf vriende vou getrou
om 'n steeltjie van loot...
geduldig wag ek op die griffels.
:book1: :icon_salut: :notworthy:
© Meraai vannie baai
*Terwyl ek geduldig wag om te kan oes, is die volgende twee lettergrepige verse geskep:
Ek voel veilig en tuis
binne die mure van 'n struktuur
waar woorde poëties -
so vernuftig in verse verdig,
knus rus tussen grepe -
rigied voorgestel en nagevolg.
******
9/6/9/6/9/6
Almal weet, na A en B volg C
maar tussen gee en neem
rus die besluit tussen jou en my.
Watter hand het gefaal
sou niemand agterna kon bepaal;
reëls - nou omgedraai.
© Meraai vannie baai
HULP GEVRA ASB: :dontknow: ek is onseker oor die aantal lettergrepe van poëties
-
Goed gedoen Raaitjie. :hello2:
Ek sou seg drie lettergrepe - po-e-ties.
-
Duisend dankies mater. Ek het hom eers so getel, toe onseker en bring 'ons' in. Nou kan ek dit herstel :notworthy:
sal 'reëls' dan een of twee grepe wees? :icon_bigsmurf:
-
Ek dink daai een is reg. Ek het daar vasgesteek, maar toe ek weer lees lyk dit vir my reg.
-
vir my is 'n lettergreep, elke klank wat in 'n woord is, :toothy4: ek probeer dit beskryf :icon_biggrin: daarom sal ek poëties ook as drie lettergrepe beskou, en reëls as twee.
:grommit:
-
Duisend dankies matertjie. Die goed is altoos 'n tameletjie vir my. Ek het dit beskou, kopgekrap en toe gedink dit is 'n onopbreekbare woord LOL. Maar as mens dit uitspreek is daar twee klanke.
Ek het hierdie skakel gekry waar dit wel opgebreek word in twee grepe:
http://books.google.com.au/books?id=UMM3R6giBDwC&pg=PA663&lpg=PA663&dq=hoe+word+woorde+opgebreek+in+lettergrepe&source=bl&ots=sZijRjKgoW&sig=nrPd2UzziiOvXXKUYVzfVP0YGAg&hl=en&sa=X&ei=GakHUKWaOK6SiAeByaCVBA&ved=0CFYQ6AEwBg#v=onepage&q=hoe%20word%20woorde%20opgebreek%20in%20lettergrepe&f=false
Hier is 'n handige skakel wat ek baie geniet (kan dalkies al verouderde reëls bevat skiesie hoor):
http://www.cebita.org/cebita/abv/werkboek/6D%20HUISSTYLGIDS%20080912.htm
-
Kom ons debateer 'n bietjie, ek is lus om te stry. :icon_biggrin:
Volgens my sou altwee goed werk, ek bedoel, een of twee lettergrepe. Lees ek 'n gedig dan "sing" ek, praat ek die taal dan sou ek "gelykmaking van klanke" inspan. Maak 'n sin: Hou by die reëls poppie. Is dit nog twee lettergrepe?
Kan die digter 'n keuse maak?
-
Ek het gou deur die ander skakel ook geblaai en "leu'en" opgetel. (twee lettergrepe) maar ons praat nie so nie. Wie kan kom help? Het die skrywer 'n keuse as dit kom by gedigstrukture en lettergrepe tel?
-
Ekke lief jou, weet jy dit? Hoop ons kry uitsluitsel. My plekkie geboek!
-
"Smile" ek van oor tot oor! Dit is al wat ek nodig het om my deur die dag te skop! Dankie Raaitjie, ek lief jou ook. :love7:
-
Dit lyk my niemand wil stry nie. :icon_biggrin:
Ek het weer hierdeur gelees, asook die skakels en dit is baie interessante leesstof.
-
Ek mis vanaand die ink in my pen :crybaby2:
-
Ag vriendin, kom maak maar hier by die forum vol. Hier is solank vir jou 'n :coffee2: tjie. :love7:
-
Dankie baie baie vir die koffietjie. Was dit nie vir ons gas nie, het ek dit wraggies gemis! Was juis nou net oppad vir 2de enetjie vir die oggend.
Ek mis ons kuiertjies saam :crybaby2:
-
Kom sleep-sleep ek hier agterna. Ons het nog geen offisiële (ge-onderstreep) uitslag gekry nie, maar kom ons probeer weer. Hoeveel lettergrepe tel jy?
-
Ek dink as ons klankgrepe as kruk gebruik vir die bepaling van hoeveel lettergrepe 'poëties' bevat, gaan ons dalk oor die lat kan spring.
Spreek ons dit nie as 'poe-e ties' uit nie? Dan tel ek ook een, twee.... drie!
-
Beslis, jy is heeltemal reg.