Die Afrikaanse Forum
Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => Gawelina se plek => Topic started by: Gawelina on July 02, 2012, 07:59:02 AM
-
as donderwolke jou dag bedreig
en antwoordlose vrae
oor jou kop rol en bruis,
wanneer jy monde vol soutwater
uit die bitter lewensbeker sluk
en jou hande magteloos langs jou sye hang,
wanneer jy nie iemand se seer
met toorsalf en 'n soen kan red
of wysheid in 'n oogwink optower,
kan ek maar net vir jou sê:
die son gaan weer helder ligte
uit glassplinters toor
daar sal weer reën op braakland val
beeste sal weer in die groen veld
van jou gedagtes wei
en 'n arend weer sy vlerke
oor die kranse van jou berg oopsprei
tot dan weet net dat vriende daar is
om te luister en te hoor
ons kan niks verander,
net stil langs jou sit
sodat jy nie alleen
die nag instaar
-
So mooi en so waar geskryf.
-
Ek was verblind deur trane toe ek hierdie woorde van onse Gawie per sms ontvang. Hoe geseend is ons nie om mekaar so te kan ondersteun nie :notworthy: :icon_salut:
-
woorde kan nie omskryf wat my siel beleef het terwyl my oe hierdie woorde ingedrink het nie - pragtig
-
Hierdie is nog 'n gediggie wat op my gunstelinglys is. Dit is beslis nie net omdat dit toorsalf en gesondmaaksoentjies in het nie, dit is so vloeiend geskryf en die ritme het beslis 'n kalmerende effek. Die een gaan beslis ook boek toe.
-
Toe ek dit lees het ek in my gees 'n sterk baritonstem gehoor op die wysie van 'n lied waarvan ek nou die titel vergeet het. Van die woorde wat ek wel onthou - as die lewenstorms woedend om jou slaan, en jou gees die las nie meer kan dra ...
-
Dit is mos 'n bybel-liedjie. Moet iewers in die gesangeboekie wees. Ouma Naas sal kan help.
Ek en Gawie het gestomklets toe sy dit vir my stuur. Daar tjank ek so snot en trane ek kan dit nie lees nie. Vra toe maar sy moet dit hier kom plak dat ek dit later weer kan lees.
-
Tel jou seeninge tel hul een vir een ... :toothy4: Hoe gebless is ons nie om sielematers soos onse Gawie te he!!
-
Tsk, die bekendste lied in die boek en ek kan dit nie ontou nie! :violent1:
Jy kan dit weer sê. Ons is 'n gelukkige klomp. :love7:
-
Dit is 'n ou halleluja-liedjie.
As die lewenstorme woedend om jou slaan
En jy gans ontmoedig vrees om te vergaan.
Tel jou seëninge
Tel hul een vir een
En jy sal verbaas wees
Oor wat God verleen.
Tel jou seëninge
Tel hul een vir een
Seëninge jou deur God gegee
Tel hul almal
Tel hul een vir een
En jy sal verbaas wees oor wat God verleen.
Hoop ek het die woorde reg. Het gesit en sing terwyl ek dit skryf.
-
Ja jy is reg, en dit pas so mooi by die titel van die onderwerp.
-
Duisend dankies Gawie!! Ek het saamgesing terwyl ek lees. Selfs in die grootste tye van leed is daar nog seeninge (vriendskap van ons sielematers in hierdie geval) wat ons ankers word. :notworthy:
-
Gawie... :hello2: :headbang:
Sorry, ek praat maar met prentjies. Op hierdie tydstip is my woorde min.