Die Afrikaanse Forum
Die kuierstoep => Kom kuier saam => Topic started by: PM on June 23, 2012, 05:30:22 PM
-
Gister was dit die langste nag. Van vandag af sal dit elke dag 'n bietjie langer dag wees.
Ek hoop ook dat ons lewens ook dieselfde paadjie sal stap. Bedoelende dat ons "donker ure" ook elke dag 'n bietjie minder raak. :bootyshake:
-
ek wonder al heeldag hoekom voel dit of ek te min geslaap het :toothy4:
sal so bly wees as ons moeilikheid ook minder wil wees
-
Hallo Summer !!
Ek beur en worstel maar deur die winter. Ek weet dit is veronderstel om 'n rus periode te wees vir die mens en natuur, maar is dit nou nodig dat dit maande moet duur?
Ek is baie meer energiek in die somer.
-
Engeltjie ek is met jou ... maar ek is meer 'n lengte/herfs mens ... die sommer drein my ook ...
ek oorweeg dit om soos 'n groot mamma-beer winters deur te slaap ... dankie tog vir :coffee2: en komberse :angel4: