Die Afrikaanse Forum
Die kuierstoep => Kom kuier saam => Topic started by: Ah Willa on June 20, 2012, 04:52:13 PM
-
Gie gie ...
soos wat ons aan gaan, gaan ek almal vernoem ha ha ha
live with it ... natuurlik is ek hoop vir verbetering om benaming :notworthy:
Dis ons ForumHuis en ons is 'n ForumFamilie.
ForumMoeder: PM - die founder van die forum
ForumHoven : Naas - ons eie Langenhoven
ForumHovina : Adele - ons eie vroulike Langenhoven
Forumgraaf : AB ons eie fotograaf
ForumEggo : Meraaitjie van die baai wat sy eggo ons eie skeppings die gange af na die Woordskuur toe
FORUMBEDONNERDForumEngeltjie : Angelica - verbuiging op haar naam
ForumDou : Adele - want haar stories is so vars soos dou en hou ons vasgevang
ForumGewete : Fransi - sy laat mens altyd mooi nadink oor 'n saak - nie sleg praat of advies gee nie - net daar wees.
ForumLappies : Trappies .. ek wou forumslang gebruik het .. maar mense mag dit verkeerd verstaan ... maar omdat jy so een is met die slanggoed ha ha
ForumBrilleman : JanDink - hy noem homself Tegniese Brilleman en dit pas hom nogal ha ha ha :hello2:
ForumVlooi: myself sommer so benoem (ek spring hier en daar en oral oor op die forum) :icon_biggrin:
As jy nog nie 'n naampie het nie .. moenie worry nie ... dis op pad
as jy regtig nie van jou naam hou nie .. rig besware ... en ek mag dit dalk oorweeg ha ha ha
as jy 'n beter voorstel het ... laat my weet .. ek is oop vir input :-)
-
Goeie benamings!!
Ek stel voor ons gee die een met die meeste "posts" die naam van FORUMBEDONNERD!!!
-
Op hierdie stadium is dit Engeltjie wat die naam moet kry Bloubefoeterd :wav:
-
Hey... what's up?
Ek kan bedinges wees ook. Vra my vrinne.
-
Dan pas Forumbedonnerd regtig by jou ha ha ha
Engeltjie - die gevaarlikste bom kom in die kleinste pakkies ... ek sal altyd mense moet lig loop - net omdat ek altyd smile, beteken nie ek kan nie explode nie :-)
-
Gelukkig tel my "posts" nie, anders was ek die bedonnerdeforummoeder! :toothy4:
-
Ons is bly jy is 'n gawe ForumMoeder :toothy4:
ek mag dalk verkeerd wees oor die meeste post - ek het aan eie huisies gedink - daar het Engeltjie die meeste post ... ek gaan gou kyk wie het regtig al die meeste gepost .. dis sekerlik ons ForumMoeder
-
Dankie vir die voorreg om fotograaf te wees maar ander mag ook bylas, ek hoop net dat ek nie die enigste een is wat fotos plaas nie, dit sal eensaam wees soos eenoog koning van die blindes.
ek sal my kameras moet oefening gee, soos hulle stof bymekaar maak raak ek self uit oefening.
-
op hierdie stadium lyk dit so (dit sal teen einde vandag moontlik anders lyk)
PM : 3676
Meraai : 1932
Ah,Willa! : 892
AB : 841
Angilica : 821
Naas : 802
Lox : 706
Adele : 697
die volgende getal post is 4something en van daar is dit een of twee in die 100 en dan tussen 100 - 0
-
AB jy kan altyd 'n kamera my kant toe pos .. myne is maar baie klein - mik en druk en dis frustreer my dat as ek klaar gemik het die druk knoppie nog nie wil druk nie :toothy4: Raaitjie deel darem ook baie foto's ek sal probeer onthou om ook te foto's deel ... ek lief of diere en mense af te neem ... en dit wat allerdaags is maar tog nooit raak gesien word nie ...
-
die kameras het elkeen sy eie doel, daarom dat ek meer as een het. Jammer as dit windgat klink maar dis nie die bedoeling nie. Ek het my onderwater kamera en onderwater omhulsel ook gekry, die duik gereedskap is gediens en nou moet ons net 'n slag in die water kom waneer die see plat is.
met mik en druk moet mens geduldig wees, hy wil nie altyd afneem wanneer jy wil afneem nie.
ek het nou vir my 'n SLR ook gekry, in 'n heel ander klas.
van hoeveel posts gepraat.... by my moet jy LOX sin ook bytel of is dt bygereken? LOX het mos sy inteken inligting laat uitbrand toe moet hy onder ander skuilnaam aansluit.
-
PM het sommer die telling by AB se naam bygetel. Daardie plasingssyfer is reg. Ek wou nie Lox se naam van die ledelys af verwyder nie, want dan verskyn die naam in swart, so ek los dit net so daar. :bootyshake:
-
Is Lox en AB een mens agter die skermpie :dontknow:
-
Lox was Lox totdat hulle huis in die brand was, toe word hy AB (sy regte naam, nie 'n skuilnaam nie) toe hy nuwe e-posadres gekry het. Lox en AB is dus een en dieselfde Stoffeltjie, soos Meraai hom noem.
-
nou weet ek ook :angel12:
-
Ja willa toe die huis gebrand het het al die inligting van rekords en dokumente ook in die slag gebly asook my rekords om as LOx op die forum in te teken. Maar nou ja ek is maar wie ek is, LOX of AB. LOX wa smy skool bynaam oor my hare te lank was.
-
Nou verstaan ek baie dinge. :toothy4:
My bynaam was Wit rot, want my hare was spierwit. :icon_biggrin:
-
Dalk word jy AB Lox :angel7:
As dit dalk ooit weer gebeur - die forum meester behoort altyd jou details te kan reset - sodat jy net weer 'n password kan kies :hello:
-
Gelukkig is 'n witrot 'n slim en skoon diertjie - ek het 3de ge-eindig in die OVS Biologie Olimpiade in my st9/Matriek projek oor witrotte en alkohol ... --- ja toe het ek ook 'n paar brein cells ha ha ha :evil6:
-
wat doen die alkohol toe aan die witrotte? ek glo hulle het slimmer geraak, want soos hulle dronk raak het die swak breinselle dit nie gemaak nie en die sterkeres het oorgebly ( survival of the fittest) en so raak hulle toe al slimmer.
-
Alkohol doen dieselfde aan rotte as mense - maar rotte tree meer nobel op as mense, wanneer hulle reeds volslae alkoliste is :-)
-
klink amper soos die storie van die vark en mens.
waneer mens gesuip raak raak hy soos vark en waneer vark gesuip raak raak hy nie soos mens nie.
-
Ja - dit laat mens nogal dink ne ...
Die rot - nes die mens is gewoontlik baie higenies - hoekie vir eet, hoekie vir slaap, hoekie vir speel, hoekie vir toilet.
Nes die mens, kan die rot nie worry oor skoon hoekies vir elke ding nie - alles val sommer deur mekaar.
Nes die mens, kan die rot nei worry oor skoon fars kos en water nie - so lank die dop byderhand is ...
anders as die mens, sal die rot liewer vrek van honger en dors as om alkohol te drink terwyl sy dragtig is ... dit was die groot verskil
ek het nog my taak as julle dit sou wou sien - maar julle sal moet kom kuier :coffee2:
-
ForumLappies....verskillende kleure....ek is altyd hier rond....maar julle sien my nie altyd nie.... :color:
:evil6:
:angel12:
-
Gie gie - sien ek ken jou - ek het gedink aan 'n verkleurmannetjie / laslappiekombers / en trapsoentjies ... jy beweeg rustig tussen ons rond, en vul ons lewe met kleur en warmte ... wou eers Forumsoentjies gebruik het .. maar party mans mag dalk advandage neem .. en toe spring Forumlappies na vore en ek weet dit beskryf jou :color:
-
Julle outjies met die baie "posts" beter wikkel want ekke is vinnig besig om in te haal!
Op skool was my benaam Sweis maar voor julle verkeerde gedagtes kry wil ek net noem dat dit eintlik Soois moes gewees het!!
-
waar was jy op skool Sweis wat Soois moes gewees het
-
Great, BB, want dan kan Willa my naam aan jou oordra: Forumbedonnerd.
My plesier.
-
Die Familie neem karakter van sy eie ... en ons name lyk nou so :
ForumMoeder: PM - die founder van die forum
ForumHoven : Naas - ons eie Langenhoven
ForumHovina : Adele - ons eie vroulike Langenhoven
Forumgraaf : AB ons eie fotograaf
ForumEggo : Meraaitjie van die baai wat sy eggo ons eie skeppings die gange af na die Woordskuur toe
ForumEngeltjie : Angelica - verbuiging op haar naam
ForumDou : Adele - want haar stories is so vars soos dou en hou ons vasgevang
ForumGewete : Fransi - sy laat mens altyd mooi nadink oor 'n saak - nie sleg praat of advies gee nie - net daar wees.
ForumLappies : Trappies .. ek wou forumslang gebruik het .. maar mense mag dit verkeerd verstaan ... maar omdat jy so een is met die slanggoed ha ha
ForumWindtjie : Bloubefoeterd, want hy jaag soos 'n windg@tjie die lane van die forum deur :toothy4:
ForumBrilleman : JanDink - hy noem homself Tegniese Brilleman en dit pas hom nogal ha ha ha
ForumVlooi: myself sommer so benoem (ek spring hier en daar en oral oor op die forum)
-
moet almal n "forum" voor aan he? voel vir my so onpersoonlik/vervelig amper... :sleepy1:
is ons nie veronderstel om kreatief te wees nie?
hier is my weergawe...
ForumMoeder: PM - die founder van die forum (patrys)
ForumHoven : Naas - ons eie Langenhoven (baas haas)
ForumHovina : Adele - ons eie vroulike Langenhoven (soek nog )
Forumgraaf : AB ons eie fotograaf (lox)
ForumEggo : Meraaitjie van die baai wat sy eggo ons eie skeppings die gange af na die Woordskuur toe (ta'raai)
ForumEngeltjie : Angelica - verbuiging op haar naam (oggies)
ForumDou : Adele - want haar stories is so vars soos dou en hou ons vasgevang (mmm soek nog )
ForumGewete : Fransi - sy laat mens altyd mooi nadink oor 'n saak - nie sleg praat of advies gee nie - net daar wees. (fransienna)
ForumLappies : Trappies .. ek wou forumslang gebruik het .. maar mense mag dit verkeerd verstaan ... maar omdat jy so een is met die slanggoed ha ha (kleurvroutjie... tog pas slang vrou beter ja... of kleur-slang )
ForumWindtjie : Bloubefoeterd, want hy jaag soos 'n windg@tjie die lane van die forum deur (bloufitter... afgelei van die sweis..)
ForumBrilleman : JanDink - hy noem homself Tegniese Brilleman en dit pas hom nogal ha ha ha (mmmmm )
ForumVlooi: myself sommer so benoem (ek spring hier en daar en oral oor op die forum) (aha willa... soos in n aha moment...)
-
Oggies... nogal.
Og, og, og... is ek alweer ontevrede met my middelnaampie?
Hier is my bydrae tot my naamsverandering:
Elle
Elbe
-
Natuurlik moet ons creative wees WW -
hierdie forum benamings het net betrekking tot die Forum gesin
maar almal het meer as een naam
bv
ForumMoeder: Pm PietMagriet OumaPiettie Pierawiet Patrys Petra Smit
Voel vry om vernoemings by te voeg of te verbuig - ons kan later die forum weg gooi :-) dan is ForumMoeder net MoederPatrys Forum Vlooi - aha vlooi :-)
-
Ek hou niks van "ForumMoeder" nie. PM werk uitstekend. Dit kom mos maar van Piet Magriet af. Skuus Wils.
Net WW mag vir my Patrys noem. Dit is my spesiale naampie! :icon_biggrin:
Ockert noem my Nella. Net hy mag my so noem. :icon_biggrin:
Ek wil nie "Moeder Owerste" wees nie. :icon_biggrin:
-
En ek noem jou PMpie. Ek weet nog nie hoekom ek jou so noem nie maar eendag is eendag sal die ligte vir my aangaan oor hierdie duister geheim. Dan deel ek dit sommer dadelik met jou ook!
-
Oi oi - ek sal maar my benaamings laat vaar .. ek lief my ForumFamilie te veel om hulle om te krap
:love7:
-
Ag nee matertjie, skusie toggie, dit was nie sleg bedoel nie. Ons gesels mos maar net saam en jy wil mos regtig weet hoe ons dink ook, dan nie?
Jy kan naampies gee net soos jou hart begeer. Jammer matertjie, ek wou nie jou gevoelens seermaak nie, dit was nie die bedoeling nie.
Blouetjie, ek is mal oor PMpie. Elke naampie is vir my so besonders, ek is net jammer dat ek vir Wils nou so sleg in die gesig gevat het. Dalk moet ek verduidelik... nee basta, Wils, ek is jou ForumMoeder, maar net joune! Goed so?
-
nee my gevoelens nei seer gemaak nie PM :-)
en natuurlik gesels ons ... en ek wil nie my forum familie seer maak nie ... so ek laat vaar my benamings ha ha ha
dis in elke geval nie belangrik nie - die benaamings ek bedoel - die siel agter die skerm is belangrik :-)