Die Afrikaanse Forum
		Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => Naas se plek => Topic started by: Naas on June 05, 2012, 11:48:07 AM
		
			
			- 
				Die gang
 
 Erens in 'n gang vol ego's
 weergalm die hol eggo's.
 Die ego's gil
 en probeer mekaar verstil
 terwyl hul eggo's gons
 soos hulle van die mure bons.
 
 Heen en weer gil die ego's...
 Kruis en dwars bons die eggo's...
 Die eggo's raas die meeste
 maar die ego's kry die seerste.
 
 
 :icon_bigsmurf:
 
 
- 
				Hierdie was deel van 'n comment by "Brief aan Ilse"  dit het nog baie werk ... en ek het dit vir eers verwyder - sodat ons eers boek 2 se bydraes kan kry ... 
 
 maar wou darem nie die mooi diggie verwyder nie ...   :love7:
- 
				Ek is regtig mal oor die gedig, Naas.
 
 Mense en hul ego's, soms moet ek terugstaan en vergeet van my ego wat in my kop raas (eggo)  :icon_biggrin: en weer nederig wees. Nie altyd so maklik as die koppie so raas nie.  :icon_biggrin:
 
 :angel12: