Die Afrikaanse Forum

Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => Angelica se plek => Topic started by: Angelica on June 19, 2012, 07:01:45 AM

Title: Titel vir my Bundel...
Post by: Angelica on June 19, 2012, 07:01:45 AM
Titel vir my Bundel in Boek 2 :

Splinters

Dankie.
Title: Re: Titel vir my Bundel...
Post by: PM on June 19, 2012, 07:21:05 AM
Ek stuur 'n prentjie vir jou.  As jy nie daarvan hou nie soek ek verder. 
Title: Re: Titel vir my Bundel...
Post by: Ah Willa on June 19, 2012, 01:05:48 PM
Splinters klink vir my kaal vir al jou prag pronkstukke ... maar nou ja .. ek het nie eens 'n voorstel nie ... ek dog net ek se hoe die title rondom jou pronkstukke vir my klink ... lief jou werk - dis pragtig!!!
Title: Re: Titel vir my Bundel...
Post by: Ah Willa on June 19, 2012, 01:11:45 PM
Verlange Eggoleeg

(Dis my nederige opinie van wat ek lees in jou pronk stukke ... verlange kom uit die verlange wat eggo en die simfonie wat oor die velde rol ... en Eggoleeg is waar jy met ons gedeel het hoe jy op daardie oomblik gevoel het ... )

die twee woorde som vir my jou pronk stukke beter op as splinters wat mislei oor wat mens gaan kry ... ... maar ek is 'n rooikop wat soms blond voorkom ... so ek zip dit nou  :toothy4:
Title: Re: Titel vir my Bundel...
Post by: Naas on June 19, 2012, 03:19:54 PM
Splinters. "Die oorblyfsels van seerkry" beskryf jou werkies goed.


 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Titel vir my Bundel...
Post by: PM on June 19, 2012, 08:49:42 PM
Ons het die mooiste prentjie hier by "Slipters" gekry.  Dit "rock"!
Title: Re: Titel vir my Bundel...
Post by: Angelica on June 20, 2012, 06:22:08 AM
Hallo julle,
Dankie vir jou prentjie, PM, dit pas perfek.

Willa / Naas / Almal,
Splinters =  splintertjies tyd / gebeure / emosies in my lewe wat ek in woorde probeer uitdruk.
Splinters,  soos in klein deeltjies van die stuk hout wat afkom.
In my bundel is nie net seerkry.  Daar is ook emosies, liefde, gebeure.

Title: Re: Titel vir my Bundel...
Post by: Ah Willa on June 20, 2012, 07:22:10 AM
In my bundel is nie net seerkry.  Daar is ook emosies, liefde, gebeure.  EK STEM  dis nie net seer kry nie ...

ook weer gedink oor my voorstel Verlange Eggo .. pas ook nie .. want dis nie net verlange na nie ...

Splinters laat my onmiddelik dink aan net stukkies stukkend ...


Dit het nie vir my omskryf wat ek in jou werk ervaar het nie ... maar ek is 'n rooikop wat dikwels blonde momente het ... so ek zip dit ...

wag voor ek dit zip ... jou werk tref regtig diep en trek mens in - dit lewe!!  Jy is voorwaar een groot inspirasie vir my.

Nou zip ek dit :-)
Title: Re: Titel vir my Bundel...
Post by: Angelica on June 20, 2012, 07:30:44 AM
Hi Willa,
Dankie vir jou insette.
Dit is interessant hoe ons van een enkele woord soveel siening of gevoel kan kry.
Vir my persoonlik,  'n splinter is iets wat afsplits van 'n groter voorwerp.
In hierdie geval gee ek julle slegs splintertjies van my lewe, my liefdes, my emosies...
Splinters kan ook in Engels dieselfde betekenis he.

Ek kou al jare aan 'Splinters' en het byna 4jaar gelede al besluit dit sal die Titel van 'n Bundel wees.
Title: Re: Titel vir my Bundel...
Post by: Ah Willa on June 20, 2012, 08:06:44 AM
Jy weet wat is beste vir jou bundel - ekke het net my hart vir jou opreg oopgemaak...

ek hou van die stelling van jou : splintertjies van my lewe  ... dit omvat dit vir my meer ...

ja elke mens ervaar mos elke woord anders ... 'n woord kan vir hard en koud wees en dan vir jou tog so beskrywend ... ons uitkyk en ervaarings beivloed seersekerlik ons gevoel .. soos name ook ...

en jy het self hierdie splintertjies van JOU  lewe ervaar - ek lees dit met getinte glasse van my eie ervaarings .. nietemin ... weet jy beste wat jou title behoort te wees en jou werk is almal pronkstukke wat 'n hart se siel pluk om weer te dink en weer te lees ...