Die Afrikaanse Forum
Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => Angelica se plek => Topic started by: Angelica on June 19, 2012, 06:20:07 AM
-
Vuurblom vir haar
Jou oproep vanoggend vang my onkant,
jy wil net vertel van die vuurblom
wat baldadig haar blomme weer wys,
bring my beeld helder in jou gedagtes op
so asof sy weer wil oopkrap
waar ons al toegemaak het…
Ek hoor die hoop in jou stem
Saans het jy ‘n vuurblom agter my oor gedruk
en dan 'vuur vir my vuur' gefluister.
My hart het gesnak
met elke tere aanraking…
Ek glimlag vir jou hoop,
maar jy hoor die verlede in my stem.
Die vuurblom sal elke jaar bloei
en daarmee saam jou hart,
hoor ek vir oulaas in jou stem.
©Elsabé
-
Jy is witwarm matertjie. Dit is pragtig.
-
net 'n meesterlike brein kan so beskryf:
Ek glimlag vir jou hoop,
maar jy hoor die verlede in my stem.
dis vir my die WOW van hierdie prag gedig ... :angel12:
-
Dankie Willa!!!
Kom ek nou eers weer op hierdie af.
-
Verstelling asb PM
Haal die titel van die stuk uit anders verskyn dit twee keer in die boek.
Asook by afsluiting:
Die vuurblom sal elke jaar bloei
en daarmee saam jou hart
-
Ek het die laaste versreël verwyder. Hoekom moet ek die titel verwyder, dit klink vir my so van pas. Wil jy 'n ander titel kies?
Vuurblom vir haar
Jou oproep vanoggend vang my onkant,
jy wil net vertel van die vuurblom
wat baldadig haar blomme weer wys,
bring my beeld helder in jou gedagtes op
so asof sy weer wil oopkrap
waar ons al toegemaak het…
Ek hoor die hoop in jou stem.
Saans het jy ‘n vuurblom agter my oor gedruk
en dan 'vuur vir my vuur' gefluister.
My hart het gesnak
met elke tere aanraking…
Ek glimlag vir jou hoop,
maar jy hoor die verlede in my stem.
Die vuurblom sal elke jaar bloei
en daarmee saam jou hart.
© Elsabé
-
Piet, ek wil nie he jy moet 'n titel insit en dan volg dieselfde titel wat ek gebruik het toe ek die plasing op die Forum gemaak het.
Die titel moet net een keer voorkom.
Hmmmm... lyk my jy is nog in die greep van griep. :dontknow:
-
Miskien kan jy dit vir my in Engels verduidelik. :icon_biggrin: Ek sien die titel net een keer!
-
Besonders geskryf.
-
Dankie Fransi.
Piet, dalk het ek in duet gekyk. Dis doodreg op die bladsy wat jy vir my ge-mail het. :dontknow:
-
dit is baie baie mooi ... ek moes dit weer en weer lees
:grommit:
-
Dankie Adele.
-
Dankie tog! Ek dag ek is kens! :icon_biggrin: