Die Afrikaanse Forum
Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => Angelica se plek => Topic started by: Angelica on June 19, 2012, 05:32:00 AM
-
Wie is hy?
Wie ìs hy
hierdie elegante man
met sy silwer hare
wat raak raak aan sy kraag
opgevoude koerant onder die arm
'n permanente glimlag om sy mond
Wie kan hy wees?
Hy lyk wel-af,
so anders as die ander
wat dieselfde paadjie loop,
die manier hoe hy sy baadjie dra,
na sy weerkaatsing in die venster kyk
Sy tred lank, selfversekerd oppad na Cafè Royal
Ek volg
after all, dis ook my bestemming
(my tyd perfek)
Altyd teenoorgesteld neem ons plaas
‘n sweempie Yves Saint Laurent?
Camel Light rollende tussen die vingers…
ek’s so bewus
Dalk ‘n pianis
Of arts...?
sy hande's sonder eelt of skraap
perfek gemanikuur
miskien 'n skrywer,
dink ek
toe hy 'n paar nota's maak
'Your coffee, Sir'...
Dat hy 'n regular is, is uitgemaak
sy Espresso arriveer sonder bestelling
sien ek
geen suiker, sien ek ook
hmm... dink ek
toe hy die kalfsleer notebeurs oopklap
Wie ìs hy
hierdie man
altyd in dieselfde plek as ek
so selfversekerd prominent...
Wie kan hy wees?
©Elsabe
-
mmmm dalk wonder hy ook wie jy is ... dis mooi gedig, jy bou die spanning so op dat ek daai prentjie voor my kan sien
:grommit:
-
Hierdie is vir my 'n "verhalende gedig".
Els, as Raaitjie terug is, moet sy kyk watter van jou werk by die gedigstrukture kan inpas. Dan kan ons dit daar gebruik.
-
Dankie PM en Adele.
Is reg so. Vir my is dit net woorde in rytjies en rytjies onder mekaar. Sowaar.
-
ek hoop jy vind uit wie hy is ... watn ek wonder ook nou ...
ek stem met PM - dis 'n verhaal-gedig en dit verdien 'n opvolg ... :coffee2: gemaak en ek sit net hier en wag vir die opvolg