Die Afrikaanse Forum

Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => Angelica se plek => Topic started by: Angelica on June 19, 2012, 05:07:28 AM

Title: Plasing 12 - Boek 2 Message in ‘n Bottle
Post by: Angelica on June 19, 2012, 05:07:28 AM
Message in ‘n Bottle

Ek wil vir jou ‘n briefie skryf
in ‘n bottel kurk en in die see ingooi
van die hoogste krans bo Gordonsbaai
af    tot dit plons en stroomaf draai
na jou toe
na my liefie toe
tot daar waar jy die bootjie vol snoeke laai

©Elsabé
Title: Re: Plasing 12 - Boek 2
Post by: PM on June 19, 2012, 05:43:26 AM
Die Engelse titel is so gepas hierby.  Ek lief die gedig. 
Title: Re: Plasing 12 - Boek 2
Post by: adele on June 19, 2012, 05:49:37 AM
ek hou hiervan, dit teken 'n mooi skildery, ek sien daardie bootjie met 'n figuur wat buk om die snoek uit te trek en dan 'n bottel in sy hande hou...

 :grommit:   
Title: Re: Plasing 12 - Boek 2
Post by: Angelica on June 19, 2012, 05:58:02 AM
Smile... dankie.
Oeroud gediggie uit die jare 2009.  Maar ja, dit le my na aan die hart.
Title: Re: Plasing 12 - Boek 2
Post by: Ah Willa on June 19, 2012, 12:16:36 PM
had jy hom op Woes - die woorde lui 'n opgewonde onthou van het al gelees :-)

dis pragtig!