Vuurkring
op die rand van die vuurlig se kring
so verleidelik die warmte en lig
en swig
en grensdrade soms verdwyn
oënskynlik rustig wagtend
in sirkels om en om
op 'n been, 'n weggooi been
binne die vuur se kring
waar jaar en jaar se as en kleinkole lê
ou vuurmaakhout en verkoolde hart
koud
en vaal gebleik
verteer
deur jare se wind en weer
haar eindeloos dans sonder note
sonder ritme
sonder drome
oor die dansvloer van hartstog
‘n wals van magnetisme
maar
nooit ontmoet binne en buite
mekaar
voorwaar
©Elsabé
Die gedig het vir my 'n besonderse ritme. Dit sou nou wonderlik gewees het om daarna te luister as 'n kenner dit voorlees.
'n weerlees gedig wat elke keer iets nuuts bied!