Die Afrikaanse Forum

Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => Angelica se plek => Topic started by: Angelica on June 19, 2012, 04:48:33 AM

Title: Plasing 10 - Boek 2 Eggo
Post by: Angelica on June 19, 2012, 04:48:33 AM
Eggo

Verlange…

‘n simfonie
oor velde gestrooi
gedra deur die wind
na bestemmings van nêrens
om maar net weer terug te keer…

‘n eggo van seer

©Elsabe
Title: Re: Plasing 10 - Boek 2
Post by: PM on June 19, 2012, 05:32:56 AM
Kort maar kragtig. 
Jou bundeltjie begin nou baie mooi lyk.
Title: Re: Plasing 10 - Boek 2
Post by: adele on June 19, 2012, 05:46:59 AM
pragtig...

 :grommit: 
Title: Re: Plasing 10 - Boek 2
Post by: Angelica on June 19, 2012, 05:59:10 AM
Dankie julle twee.
As daar nog plek is gooi ek nog 'n paar.
Title: Re: Plasing 10 - Boek 2
Post by: PM on June 19, 2012, 06:13:33 AM
Ons het ooreengekom dat julle nou plasings gratis kan doen.  Gooi dit in jou eie plekkie, dan kan ons kies. 
Title: Re: Plasing 10 - Boek 2
Post by: Ah Willa on June 19, 2012, 12:34:00 PM
'n simfonie oor velde gestrooi .. ek sien die klanke hoorend rol soos 'n rolbos

ek dink eerlik ek moet my plekkie afstaan aan Engeletjie en Adele en Naas ... my werkies is nog flou teenoor julle sin ... dan help julle my bykom vir boek 3 ...
(en ek is nie negatief teenoor myself nei ... ek kan sien hoe ek groei - van Woes se dae en reuse stappe vandat ek deel van die forumfamilie geword het ... ek weet daar is nog baie ruimte oor vir nog meer groei ... en ek sal liefs terug staan vir ons huidige meesters en hard werk na boek 3 toe)