Die Afrikaanse Forum
Die kuierstoep => Die Gorrel plek => Topic started by: Angelica on June 19, 2012, 03:57:06 AM
-
Hierdie gekry van 'n vriendin.
Die Nederlanders het maar 'n ander manier om dinge uit te spreek.
"Graagt wil onze u voorstellen aan de nuwen wijn uit de Kaap; Goeden sagten wijn mit volronden smaakt, genaamd Zoemfokt.
U vrage magt wees waarom de snaakse naam? Goedwel, de kom van't:
Eers zoem de kop van't wijn en dan fokt u neer...."
Het gewonder of ons nie die Papsak na Zoemfokt moet verander.
-
Goeie more vriendin. Jy is vroeg op, of is dit laat?
Wat sal die meervoud van Zoemfokt wees?
-
Morning...
Kyk, vanoggend is dit al laat.
Ek kriewel en ritteltit. Kop is in hoe rat.
Elk geval... Zoemfokt is ter sprake.
Giggles... Wat van Zoemfokt Kwadraat.
Ons moet maar 'n woord soek.
-
Ek sou baie graag wou hoor hoekom kriewel en ritteltitte jy.
... en die verledetyd? Zoemgefokt. :icon_biggrin:
-
Kriewel en Ritteltit:
Kriewel om te gaan werk. Om weer deel van die Rat Race te wees. Ek wil werk. Ek WIL werk.
Ritteltit omdat R'e net uitgaan en gaan vooruitsig van R'e wat inkom. Elke c wat spandeer word aan brood en melk, laat die staatskas se inhoud krimp. En hier is geen koei wat gemelk kan word. Net 'n doodse stilte en leegte in my inbox.
Het jare se ondervinding in my. Jare se kennis opgeprop in my kop. Wat kan ek daarmee doen as ek nie in die stroom is nie?
Was kennis bymekaarmaak dan verniet? Gaan dit nou verlore? :dontknow:
Jy kan nie aftree as jy nog nie eens 60 is. Nee hemel, daar is nog hopeloos te veel energie en WIL in my gees en Wikipedia wat nog nie eens ontdek is nie.
Geen wonder mense sterf as hulle aftree.
-
Ai Meisiekind. Ons hou styf duime vas dat jy gou daardie werk kry wat joune is. My hart is vol dinge om vir jou te sĂȘ, maar die woorde is lomp.
-
Dankie. Als reg.
Mens se mos liewers niks as die verkeerde ding.
Gelukkig weet ek hoe mense oor die situasie voel.
Ek weet.
PM, kyk na die goed wat ek nou geplaas het. As daar enige skaafwerk vereis word of as ietsie moet verander, doen of se vir my.
Ek is so lui innie kop nou dat ek bo-oor foute kyk.
Kom ek se hoe ek voel: Geen selfvertroue om iets te doen. En ek het hope staaltjies uit die oertyd.
-
Ja, ek wag nog vir stories van Stomp, of dink jy ek het al van hom vergeet? :icon_biggrin:
Dit is logika. Jy is mos 'n mens met gevoelens en dit is nie snaaks dat jy so voel nie, solank jy net onthou dit is 'n "gevoelentheid". Beter jy vat 'n ruskansie voor jy weer begin werk. (My meisiekind het altyd so gepraat toe sy klein was beter jy dit of dat.)
Ek weet ek ruk nou hierdie onderwerp uit sy papsak uit, maar dis ook seker nie die dood van Katryn nie. Ek wil weet of jy al "Pieternella van die Kaap" van Dalene Matthee, gelees het.
-
Engeltjie ... ek lees nou hier - toe julle geklets het, het ek uiteindelik aan die slaap geraak. Theo het net soveel energie soos jy .. heelnag gebokspring .. en hy slaap nou nog steeds ... en arem Nova het ophou asem haal en soos styf en koud geword ... my hart het gaan staan .. hoe CPR mens 'n K9-kind - toe ruk ek hom maar net en skreeu my longe uit met sy naam ... dit het sy hartjie darem weer ge-kick-start ... en hy lyk heel oraait ...
Ek voel of ek Zoemgefokt is sonder die nuwe wyn uit die Kaap ....
Darem het ek geen voggies in nie en kan ek helder dink - al voel die lyf zoemgefokt ... en dra ek jou op ons Hemelse Vader en vra dat Hy deure sal oop maak vir jou.
Onthou ook om hier te gaan loer vir moontlikhede en onthou om jou CV vir my te stuur (2012 is jou kans grooter om poste op die net geadverteer te kry as in die koerante)
RSG WERKSOEK : http://www.rsg.co.za/werksoek.asp
JOBS SA: http://www.jobs.co.za (sit ook jou CV hier op - party keer kyk werkgewers deur die CV's eerder as om 'n pos te adverteer ...
Engeletjie - moenie dat jou uidige omstandighede jou selfvertroue steel nie. JY IS TALENTVOL vrou en 'n inspirasie vir meesters in wording soos ek ... lief jou!
-
Zoemfokt se meervoud kan net Zaamfokt wees.
Angelica wat is jou nering? So in bree trekke?
-
Hi Bloubefoeterd...
Ek is afgele na 7 1/2 jr. Was Branch Secretary and Internal Sales vir Wes- en OosKaap by groot BBEEE maatskappy, H/O in JHB. Baie besig.
Die kus takke het toegemaak en ons is op ons koppe gekeer.
So ek sal se Admin. Maar my kop is reg en my wil is groot om nuwe dinge te leer.
Ek leer graag.
-
PM, ek sien nou eers jy het gewonder of ek Pieternella gelees het:
Ek het 'n uittreksel uit die boek in die Sarie gelees.
So jy kan se, nee ek het nie.
OMW... Stomp. Die bleddie hond het mos teruggekom nadat hy op die plaas afgelaai is. Ek wil liewer nie oor hom praat nie. Ek kry koue rillings tot in my tone.
:BangHead:
-
:sign10: Zaamfokt! Uitstekend Blouetjie. :toothy4:
Ek pos vir jou Pieternellatjie saam met jou ander boeke, dan kan ek dit weer kry as ons in die Kaap is. Ek het dit ongelooflik baie geniet.