Die Afrikaanse Forum
Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => Gawelina se plek => Topic started by: Gawelina on June 17, 2012, 09:46:52 AM
-
ek soen vlinders op jou oë
en laat hul reënboog flikker
tot in my hart
sag dans hul fladdervlerk
al langs jou wange af,
laat hul vlerkiewinde
sag teen jou oor gaan rus
en fluistersoen al die woorde
wat uit my hart uit trek
as sagte rondings teen jou bors,
jou hartklop eggo-roep
en my tong streelsag
oor jou gesig heen lek,
skep jou lippe lepels fluisterwoorde
voor hul my mond verlaat
en fluit hul dan
suutjies in my oor
die kerslig toor stil fee-figure
uit ons skadu's teen die muur
as twee harte een word
en nog 'n nag in jou arms krimp
-
Jy beskryf beslis hierdie vlindersag liefde so passievol. Ek geniet altyd jou werk.
'n Titel? Vlinderliefde? Hierdie is 'n taai een.
-
Vlindersoen voorstel vir title ..
of selfs Eggo-vlinder
maar dis besliks 'n pronkstuk - dis so mooi beskryf - die woorde laat mens voel hoe die vlinder fladder en die hitte van die reenboog flikker ook oor na my hart ..
-
Titel: Vlindersag
Gawelina
Weergawe: 1
Aantal woorde: 102
Kere gelees: 12
Datum gepubliseer: 18 Jun 2012
vlindersag

ek soen vlinders op jou oë
en laat hul reënboog flikker
tot binne-in my hart
sag dans hul fladdervlerk
al langs jou wange af,
tot waar hul vlerkiewinde
teen jou oor gaan rus
en al die liefde uit my hart
sag daarin fluistersoen
as sagte rondings teen jou bors,
jou hartklop eggo-roep
lek my tong streelsag
oor jou gesig
jou lippe skep lepels fluisterwoorde
voor hul my mond verlaat
en roep hul suutjies in my oor
die kerslig toor stil fee-figure
uit ons skadu's teen die muur
as twee harte een word
en nog 'n nag in jou arms krimp
-
Pragtig Gawie. Ek lief dit. Dit is boektoe mooi. :hello2:
-
Toe skuil die title in PM se eerste mooi kompliment : Vlindersag
pragtig!
Dis werklik 'n pronk-gedig hoor!!
-
Baie dankie julle. Die ene lê my na aan die hart.