Die Afrikaanse Forum
Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => Gawelina se plek => Topic started by: Gawelina on June 14, 2012, 06:46:13 AM
-
jy is 'n dwelm in my are,
sonder jou kan ek nie
stadig,
bietjie vir bietjie
sypel jy deur my bloed,
steek vas in my hart
en verdoof alle rede
ek wil jou diep in my longe trek,
elke geur-ekstase urelank beleef,
jou woorde wil ek
direk in my are spuit,
myself dan verloor
in drome ver van werklikheid
al ken ek jou gevare,
besef die houvas op my lewe,
al kwyn ek weg as jy ver is
en breek my hart keer op keer,
van jou kan ek nie wegkyk,
omdraai en verder gaan,
want
jy is 'n dwelm in my are
sonder jou kan ek nie
wil ek nie
-
:icon_salut: Ek dink dit is pragtig en het dit baie geniet. Geur-ekstase, pragtige woord.
-
Gawelientjie, jy het vir my altyd so die vermoe om jou emosies en gevoel te verwoord. Ek kan nie jou gedigte sommer net lees nie, ek BELEEF hulle.
:icon_bigsmurf:
-
Almal in hierdie forumfamlie is 'n dwelm wat my oorneem - en ek steem saam met Naas - mens beleef jou gedigte - hierdie een is pragtig
-
hierdie woorde skep 'n lieflike weer-lees-gedig
:grommit:
-
Dis waar. So waar. Daai dwelm wat ons almal wil beleef en herleef, dit nooit wil laat gaan nie.
:hello2:
:angel12: