Die Afrikaanse Forum
Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => Angelica se plek => Topic started by: Angelica on June 09, 2012, 01:59:13 PM
-
Koi
Toe die rooi vis deur die water breek
het jou hand gegly,
het jou hand gegly
teen my kleinrug
Toe die rooi vis deur die water breek
het die son geskyn,
het die son geskyn
oor my hartsvrug
©Elsabe
-
Toe ek die gediggie lees
Het my hart gespring
het my hart gespring
en 'n klop gemis.
Pragtag.
:icon_bigsmurf:
-
Ja??
En my hart is ook sommer bly.
Dankie Naas.
-
kan hom oor weerklank op note van ietsie soos JanPierreWit ... of in die heldermaanskyn ...
en Naas se hartklop mis is net so oulik :toothy4:
-
Gooi 'n paar nootjies by en jy kan hom vir ons sing oor BokRadio.
By the way, Willa, het BokRadio 'n program oor Werksoek vir Retrenched mense? Het so gehoor by 'n gereelde BokRadio-luisteraar.
-
ek's nie te seker nie, sal Werner vra as hy vanmiddag hier aankom - ons help hom met sy VetPret Website en nog een ... hy's eintlik 'n klient van ons - nie ons luisteraars van BokRadio nie ha ha - ek luister wel so af en toe na hulle :notworthy:
-
RSG het wel so 'n program en op die net kan jy hier gaan loer : http://www.rsg.co.za/werksoek.asp