Die Afrikaanse Forum
Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => Angelica se plek => Topic started by: Angelica on June 07, 2012, 03:00:17 PM
-
Boek 2 plasings uit Gedigkompetisie:
Plasing 3 - Melkbos 2
Plasing 4 - Winternag van Onthou
Plasing 5 - Season of Sauvignon
Dankie PM.
-
Ek het geraap en skraap en geplak matertjie. :love7:
-
ek dink my werk is te flou om saam julle meesters sin geplaas te word ... hoeveel tyd het ons nog om plaasings vir boek twee te bring?
Engeletjie - jy gaan maar moet werkies plaas op my spasie ... en dan help julle my groei na boek 3 toe :hello2:
-
Willa'tjie... nou praat jy sommer stories.
Jy het soveel dryfkrag en energie en die Will om uitsonderlike dinge te skryf.
Ek kan nie eens 'n ordentlike GEDIG skryf nie, sommer net 'n klomp woorde wat ek in rytjies onder mekaar gooi.
Nope, girl, jy het jou eie styl en is pragtig.
-
Engeltjie as jy jouse woorde net in rytjies onder mekaar gooi - gooi jy darem uit die boonste rakke uit!
Ek gooi die woordjies en die moder spat sommer so al die kante toe en dan moet die prag forum familie my help skoon maak :angel4:
Dryfkrag en energie die het ek ... maar ooi nog lang pad van leer en groei voordat ek 'n meesterin kan wees soos jy en my ander forumfamilie -
maar ek is inspired om ook daar te kom ... ek gee nie sommer op nie - het al toe ek 9 was begin ... en alhoewel dit 'n slakkepas van groei was tot
en met so 5 jaar terug - kan ek nou sien hoe ek elke dag meer en meer groei van Woestige dae tot binne in die pragtige ForumFamilie van PM
en eendag gaan ek so goed soos jy, Adele, Naas, Raaitjie en PM dig ...
-
Ek stem saam met Engeltjie. Daar is niks fout met jou digkuns nie. Die probleem lê by die taalgebruik en ek is seker dat jy dit onder die knie sal kry as jy werklik oplet.
Ons moet nie mekaar met mekaar probeer vergelyk nie. Elkeen het sy eie skryfstyl en sy eie tegniek. Ons moet net probeer om dit te verbeter.
Ek voel net soos wat jy voel. My ou skryfseltjies skiet ver te kort en ek het nog so baie om te leer.
Wat my regtig ongelooflik gelukkig maak, is die pragtige verhouding van liefde en welwillendheid wat ons onder mekaar het. Dit span die kroon! :hello2: Ons kan hande vat en by mekaar leer. :love7:
-
Dis nie dat ek myself minderwaardig ag nie of nie my eie skryfstyl herken nei - ek herken net dat ek nog baie groei oor het om by baie van julle te kom - en ja die taalgebruik is ook 'n groot negatief ... maar gelukkig groei en leer ek hier dis my meesterlike forumfamilie ... ek het baie deernis vir elke persoon hier en elkeen se werk ... en ek inspire om elke dag meer en meer te verbeter en die digter-kollegas wat nog minder ondervinding en nog minder gebytel is as ek .. hoop ek weer om te inspireer om nooit ooit op te gee nie :toothy4:
Ons is maar almal aan die groei - party het net voor ander begin en party groei soms vinniger as ander en soms staan ons almal en stagneer en dan laat woema ons weer :toothy4: