Die Afrikaanse Forum
Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => Angelica se plek => Topic started by: Angelica on June 07, 2012, 02:57:39 PM
-
Melkbos 1
Melkbos se sloep
het jou geroep
Jy’t gesê kom ons loop loop
op die strand
want
die sloep het geroep
en die lyn moet nat
Mis het stilletjies
dorp-in beweeg
sandlangs
en die hond het ‘n seewier
agter hom aangesleep
Jy’t gesê van weerhou is jy sat...
die liefde ken geen perke
en Van Riebeeckstrandskulpieblou
het vermenigvuldig
in die weeknat oë van jou
Sout het aan ons lippe gekleef
en die son het neergefel
Melkbos se sloep
sal anderdag weer roep
het jy gesê
toe jy my aan die hand weglei
©Elsabé
-
Ingrid Jonker se prys hoort aan jou!!! 'n prag stuk die Engeltjie - ek het net gou twee vraggies wat my so bietjie laat hik-up ...
Melkbos 1
Melkbos se sloep
het jou geroep
Jy’t gesê kom ons loop loop hoekom is hier twee keer "loop"
op die strand
want
die sloep het geroep
en die lyn moet nat
Mis het stilletjies
dorp-in beweeg
sandlangs
en die hond het ‘n seewier
agter hom aangesleep
Jy’t gesê van weerhou is jy sat... ek verstaan nie die ... en witspasie nie .. is dit nou 'n baie lang rus ...
die liefde ken geen perke
en Van Riebeeckstrandskulpieblou
het vermenigvuldig
in die weeknat oë van jou
Sout het aan ons lippe gekleef
en die son het neergefel
Melkbos se sloep
sal anderdag weer roep
het jy gesê
toe jy my aan die hand weglei
©Elsabé