PM, gaan haal asb 'Ons Hoort' doer onner uit - dis Plasing No 1 vir Boek 2.
Dankie
Ek gaan dit haal en sommer in jou boek in boek 2 plaas matertjie. Elke skrywer het 'n boek in my program waarin ek julle werk apart plaas. Sodra almal se boekies vol is sal ek dit kombineer.
As ek jou verkeerd verstaan moet jy weer verduidelik asseblief. Koppie bietjie plat. :icon_biggrin:
O nee, jou koppie is reg aangeskroef.
Presies wat ek bedoel het.
Dankie. Die ander volg.
Goed so. Jy kan maar stuur. As jy prentjies of foto's het wat jy graag wil byvoeg moet jy net stuur na pm@afrkaanseforum.co.za met 'n kort beskrywing. Ek sal oudergewoonte dit weer terug stuur om goedgekeur te word of aanpassings te maak.
Kyk ook asseblief na die gedigte wat jy ingestuur het vir die gedigkompetisie. Jy kan maar net die titel gee, ek het dit nog in 'n "boekie" of ek oes dit uit jou eie plekkie.