Die Afrikaanse Forum
Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => Louis se plek => Topic started by: Louis on June 07, 2012, 12:26:28 PM
-
Die koue skenk weer geboorte
aan my ewige wintersdroom
Hoog teen die berg se blouste blou
verskuil tussen dennebome
n houthuis n kot my winters tuiste
die eeuoue reuse kreun saggies
wyl storm wind deur hul naalde suis
dwarrelwinde ruk aan deur en venster
en die skoorsteen huil n uil se lied
n knettervuur raas sagkens in die kaggel
rooi pastelkleure flits teen die muur
n lang wolhaar mat die lê op die vloer
met hope komberse wat af en toe roer
langsaan staan n kruppel koffie tafel
met oorblyfsels van gisteraand se wyn
In gebondelde komberse
snoesig verskuil
giggel jy…
-
Hierdie lyne soebat vir hardop voorlees :love7:
-
Wat 'n verrassing om jou weer hier in lewende lywe te sien! :hello2:
Dis 'n goeie gedig, mooi geskryf. Ek sou net denneboom een woord maak en hier en daar peuter aan die leestekens. Hoop dit gaan boek twee toe Louis.
Het jy nie nog 'n paar Engelse gedigte daar vir boek twee nie? Seblief! :dontknow:
-
Og, maar dis mooi.
En hier in die koue, nat Kaap is die prentjie darem alte snoesig, Lewies.
Ek dink ook dit moet Boek 2 toe.
Het jy nie nog Engelse skriwwels op stukkies papier of op jou werksbank uitgepotlood wat moet lewe kry nie?
-
Lewies... het gewonder, wil jy nie hierdie in jou taal vir ons vertel nie, asseblief?
-
Dit is 'n goeie idee, dan kan ons dit rug teen rug plaas. :notworthy:
-
n houthuis n kot my winters tuiste die mooiste mooi ...
ek stem met Raaitjie - hierdie vra om hardop gelees te word met mooi musiek in die agterkant, 'n warm kaggel en 'n portjie innie hand :toothy4:
PM en Raaitjie - hier hou ek ook van daaigrootwoord se witspasies :angel12:
-
Ek is so bly jy het die wit spasies bymekaar geskraap Wils.
Louis, jy gebruik dit uitstekend. :hello2:
-
.......
snoesig verskuil
giggel jy…
ag dis lekkerlees mooi
:grommit: