Die Afrikaanse Forum
Voorstelle en klagtes => Baie geluk... Baie welkom => Topic started by: PM on June 07, 2012, 11:36:50 AM
-
Hartlik welkom Werner. Maak jouself tuis. Jy sal gou almal ontmoet en as jy enige hulp nodig het, vra gerus.
-
Kom staan ek ook in die ry om hand te skud met die ABC. Welkom Werner!
-
Welkom Werner,
Mag jy heerlik kuier op die Forum.
-
:wav: nog een van my gunsteling digters
welkom by die forumfamilie Werner
-
Welkom hier by ons Werner.
:icon_bigsmurf:
-
Naand aan almal
Sjoe dit voel sommer lekker tuis hier by julle. Net soos n warm kaggelvuur op n yskoue wintersaand
Ek is seker met tyd sal ons mekaar beter leer ken
Groete
Werner
-
Werner, ek skep vir jou 'n eie plekkie waar jy jou skryfwerk kan plaas. Ons kan nie wag om jou werk te lees nie.
-
Hallo julle
IS hierdie plekkie nog aan die gang of het julle al deure gesluit
Ek was baie lanklaas hier
Groete
Werner
-
Ons het nog nie die deure gesluit nie Werner. :icon_biggrin:
Ek was 'n paar maande in NZ en het so pas terug gekeer. Nou skep ek net gou 'n tweede asem, maar ek wag in spanning om almal se werk te lees en 'n komtaartjie te lewer.
Volgende week sal ek 'n nuwe gedigstruktuur kom plaas. As een van julle solank iets wil plaas is julle ook welkom, ek speel graag saam.