Kry ek nou 'n blink gedagte - moet die Afrikaanseforum Woordeboek nie eerder die AfrikaanseForum Woordeskuur heet nie - dis mos meer oorspronklik as woordeboek - en woes het 'n woordeboek - dan weet mense mooi ... Woordeskuur hoort aan die AfrikaanseForum :coffee2:
Dit sal 'n beter beskrywing wees van wat ons daar bewaar Willa. Dit is beslis nie die soort woordeboeke wat oor die algemeen beskikbaar is nie ne. Ons het 'n mengelmoes van alles en nog wat. Jy kan die voorstel gaan plaas dat ons hoor wat PM en die ander maters dink daarvan.
Meraai dis nou hier by voorstelle ... PM en forum familie, wat dink julle?
In plaas van 'n Woordeboek - het ons eerder 'n Woordeskuur?
Dis nie werklik net 'n woord en beteknis of verklaaring nie ...
daar is ook mooi sêgoed, dinkgoed, klagoek, andergoed bewaar :icon_cheers:
Besides het Woes 'n Woes Woordeboek .. wil ons nou soos hulle klink ... GLAD NIE
:toothy4:
Oom Naas het gepost terwyl ek gesplit en skuif het ... so die post het by die ander hoekie agter gebly :
---------------
Naas
Global Moderator
Melkbaard
K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Wie het hulp nodig?
Op my lekkerste gevry in die skuur...
Woordskuur is pragtige benaming, dan kan ons die woordjies knus toedraai in die hooi.
Soos wat Naas hom geskryf het 'Woordskuur' klink dit perrrfek Willa! Ons wag nou net vir ons forummoedertjie want dit is haar baba wat naam moet kry.
Woordskuur rol lekkerder van kies tot kies as WoordEskuur
Woordskuur bons ook heel lekker op die tong en rond in die verstand ... ek hou van ... :icon_cheers:
Ek hou ook daarvan Willa. Dit lyk my ons het konsensus bereik. Woordskuur sal dit wees. :hello2:
En so meld die woorddief met 'n splinternuwe mandjie aan vir diens by die woordskuur :book1: :love7: :hello2:
Hier is vir jou 'n splinter nuwe sleuteltjie aan 'n splinter nuwe sleutelhouertjie vir ons splinter nuwe woordskuur! Dankbaar knak ek die kniegies vir 'n dierbare woordvraat soos jy Raaitjie. :read:
Soos altyd 'n groooooot plesier mater. Ek is baie opgewonde oor hierdie grootse projek van ons. Gaan vir die volgende twee weke glad nie internet toegang he nie. Ons toer tussen die berge en klowe deur.
Maar ekke kom terug - gewapen met al die splinternuwe toerusting gaan ons 'n woordfees he :hello2: :book1: :icon_salut:
'n Welverdiende rus matertjie. Mag jou klikbekkie baie "biesig wies". Ons wil deel in die pret.
Meraai, mag julle heeerlik toer.
Oppas vir die springhase.
:toothy4:
Raaitjie noem haar kassie waar sy haar woorde bêre, mos al van Woes se dae af Woordskuur. Vir my is die woord "Woordskuur" sinoniem met Raaitjie se woordoeste en dus baie gepas.
Jy slaan die spyker op sy kop Gawie. Ek het hierdie week weer heerlik tussen daai kassie se sportjies gekuier en geniet dit nog steeds.
KunsKlanke in die Woordskuur
Meraai vannie baai,
alias Raaitjie Lock;
is bedrywing met die oes.
Ja, woeste woordeoeste!
Gaan haal en bêre woorde,
in die mooiste akkoorde :
kleurvol en krullynne,
donkerwolk stoomlynne ,
'n hoes en proeswoorde.
Alles deur Meraai geoes :
daar waar jy saai,
kom sy heerlik laai,
en bewaar vir onse nagslag
in haar eie Woordskuur;
gedurig deur aangevuur
deur PM se Afrikaanse
forumfamilie ...
© Ah,Willa!
:toothy4:
Raaitjie gaan haar verkreukel in jou mooi gediggie Wils.
Hier verkreukel ek my nou in PM se mooi sin - Raaitjie dis 'n lyntjie goud vir bewaaring :icon_biggrin:
:icon_bigsmurf: :headbang: :angel8: PM ken my te goed. Willa, ekke is verkrukkeld (oortreffende trap vir PM se verkreukel)
Die forum family verkrukkeld my oor al die verkreukel momente wat hulle rondomtalie saai in die forum laanne :love7:
lane - lyk na Engels
laane / laanne / lanne .... meervoud van laan moet dit wees - ek is al weer gekonfoos :icon_scratch: :dontknow: :evil6:
laan - lane - sodra jy 'n lang klank het is daar net een N in.
baan - bane
bewaar - bewaring - sodra daar 'n -ing bykom, is daar net een klinker.
hulle se mos in eksamen moet jy altyd met die eerste antwoord gaan wat in jou kop kom ... hier is dit nou weer bewys ..
ek het eers gedink lane en toe lyk dit vir my te veel na die rooi taal en ek tog ek het dit al weer verkeerd ha ha :hello2:
Hulle sê ook 'n mens moet in die taal dink wat jy lees of skryf. Ek dink dit sal jou baie help as jy die klanke hardop uitspreek. Dit is nou te sê as jy nie langs die baas sit en bang is jy steur hom nie. :icon_biggrin:
Die baas weet dis 'n nutcase wat by die lessenaar sit - toe hy met my trou het hy gelukkig gese vir botter en vir wors ... so dis goed so ...
ek dink ongelukkig in Engels .. ek probeer hard om te leer om weer in Afrikaans te dink
die baas lees dikwels my gedigte vir my kliphard terug sodat my ore kan hoor wat my brein gedink het :hello2:
ek sit ook aan JanDink om te dig ... ek glo hy het dit in sy murgpype ... en hy skryf ook die mooiste stories en nou sit hy heeldag in PHP en C++ en skryf ... :angel8:
'n Mens moet hard werk om swaar te lewe nê!
Ons wag nog vir Jan Dink se stories.
:toothy4: