Ek koop vir Ouma die volgende boek:
Kos vir die Kenners - C Louis Leipoldt
Daar is heerlike woorde in wat ons nie geken het nie. Dit was lekker met die opsoek van die betekenis of alternatief:
Knoflok - Knoffel
Klipkous - Perlemoen / Ek wonder of Louis die woord 'klipkous' ken. Hy is mos 'n man van die see.
Araroet - Wortelstok / Eetbare wortelstok, verskeie, wat dan gemaal word en 'n stysel is.
Bargoens - Boewetaal / Hierdie het ek uit die HAT gekry.
JanDink noem Theo Knoffelok :toothy4: Dink dis van Knoflok :icon_cheers:
Ek ken glad nie die woorde nie maar rol dit geurvol oor my tong en van kies tot kies. Ek lief!!
Ek ken die laaste twee, maar die eerste twee is 'n eerste vir my. :icon_biggrin:
Dankie vir die aandra Engeltjie. :love7: