Die Afrikaanse Forum

Die kuierstoep => Kom kuier saam => Topic started by: Angelica on June 07, 2012, 07:13:30 AM

Title: Ken julle hierdie woorde??
Post by: Angelica on June 07, 2012, 07:13:30 AM
Ek koop vir Ouma die volgende boek:
Kos vir die Kenners - C Louis Leipoldt

Daar is heerlike woorde in wat ons nie geken het nie.  Dit was lekker met die opsoek van die betekenis of alternatief:

Knoflok - Knoffel
Klipkous - Perlemoen /  Ek wonder of Louis die woord 'klipkous' ken.  Hy is mos 'n man van die see.
Araroet - Wortelstok / Eetbare wortelstok, verskeie, wat dan gemaal word en 'n stysel is.
Bargoens - Boewetaal / Hierdie het ek uit die HAT gekry.  
Title: Re: Ken julle hierdie woorde??
Post by: Ah Willa on June 07, 2012, 07:15:31 AM
JanDink noem Theo Knoffelok  :toothy4:  Dink dis van Knoflok  :icon_cheers:
Title: Re: Ken julle hierdie woorde??
Post by: Meraai vannie Baai on June 07, 2012, 07:23:06 AM
Ek ken glad nie die woorde nie maar rol dit geurvol oor my tong en van kies tot kies. Ek lief!!
Title: Re: Ken julle hierdie woorde??
Post by: PM on June 07, 2012, 11:58:12 AM
Ek ken die laaste twee, maar die eerste twee is 'n eerste vir my.   :icon_biggrin:

Dankie vir die aandra Engeltjie.   :love7: