Die Afrikaanse Forum

Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => Trappies se plek => Topic started by: Trapsoetjie on June 04, 2012, 08:38:00 AM

Title: ‘n Nuwe begin.
Post by: Trapsoetjie on June 04, 2012, 08:38:00 AM
‘n Nuwe begin.

Vandag daal die wolke om my
‘n onbekende toekoms wat ons lei.

Dagbreek vernuwe ons strewe,
gee hoop vir ‘n ander lewe.
Breek weg van negatiewe denke.

Die lewe gee elkeen geskenke,
iets wat gebruik moet word,
al verstaan ek nie altyd die rede nie.

Is die soeke na niks vereers verby.

Die reis was my gits,
na ‘n ander manier van lewe,
vir nou begin dit waarvoor ons eindlik moet strewe.
Geluk!

Dit wat ek nog altyd gehad het.

Wanneer jy my toevou en beskerm,
voel jou arms ferm
en tog sag.
Geluk    en liefde,
so, waarna het ek dan so lank geveg?



 :angel12:
Title: Re: ‘n Nuwe begin.
Post by: Ah Willa on June 04, 2012, 01:53:22 PM
wat vir die een of ander rede,
besef ons maar min wat ons het,
tot wat ons het nie meer met ons is nie

'n prag gedig
Title: Re: ‘n Nuwe begin.
Post by: Trapsoetjie on June 04, 2012, 07:14:53 PM
Dankie Willa. Ja met alles wat rondom ons gebeur kom ek skielik agter ek jaag na niks want ek het alles by my.

 :angel12:
Title: Re: ‘n Nuwe begin.
Post by: PM on June 05, 2012, 08:16:22 AM
Dit is puik geskryf matertjie. 

Kyk na die volgende:

Vandag daal die wolke om my
‘n onbekende toekoms wat ons lei.

Dagbreek vernuwe ons strewe,
gee ‘n hoop vir ‘n ander lewe.
Breek weg van negatiewe denke.


Ek sou ook voorstel dat jy die leestekens as volg gebruik:

Wanneer jy my toevou en beskerm,
voel jou arms ferm
en tog sag.
Geluk     en liefde,
so, waarna het ek dan so lank geveg?

Dit bly natuurlik nog jou keuse.   :love7:


Title: Re: ‘n Nuwe begin.
Post by: Meraai vannie Baai on June 05, 2012, 08:55:34 AM
Pragtig Trappies! PM jou voorstelle lyk puik. Is ons nie bevoorreg om mekaar so te kan help skuur en skaaf nie  :love7:
Title: Re: ‘n Nuwe begin.
Post by: PM on June 05, 2012, 09:24:39 AM
Dit is voorwaar 'n voorreg.  Ons sal sien of Trappies ook daarvan hou. 
Title: Re: ‘n Nuwe begin.
Post by: Trapsoetjie on June 06, 2012, 11:34:51 AM
Dankie PM, ek hou van  :toothy4:...

Gaan dit so verander.

Lief julle baie

 :angel12:
Title: Re: ‘n Nuwe begin.
Post by: PM on June 06, 2012, 11:37:30 AM
Groot voorreg matertjie!  Ek is so bly om te sien daar is weer 'n bietjie ink in jou pen.  :love7:
Title: Re: ‘n Nuwe begin.
Post by: Trapsoetjie on June 06, 2012, 11:42:26 AM
Ja die ink is daar, maar die stories en woorde maal so in my, dat ek niks kan kry om sin te maak nie... :toothy4:

 :angel12:
Title: Re: ‘n Nuwe begin.
Post by: Ah Willa on June 06, 2012, 12:38:00 PM
laat die ink vloei - die forumfamilie sal jou help sin maak ... ek ondervind dit so oor en oor  :hello2: