Die Afrikaanse Forum
Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => Gawelina se plek => Topic started by: Gawelina on May 30, 2012, 10:26:36 PM
-
blouswart wolke het die son verduister
wyl 'n hadida verskrik sy smartkreet gee,
stilte het skielik moedeloos gesug
en stomheid soos 'n kleed om my skouer drapeer
die dag toe my drome sterf.
kop omhoog sal ek vorentoe stap
nuwe drome bou op die braakland van my hart
vir jou sal ek 'n rooi roos plant
en vrede met 'n wit duif stuur
want liefde gaan nie dood
die dag as drome sterf
-
Pragtig, Gawie.
-
Amen Angelica!
-
Goeiste vriendin, kry Naas nou hoendervleis op sy ganspuisies (Goospimples) Dir is vir my ongelooflik mooi.
Jy het my hart geraak met die een. Dankie.
:icon_bigsmurf:
-
Naas myse hoendervleis het ook ganspuisies gekry ... jo!!
en die is vir my die lekkerste toffie: "en stomheid soos 'n kleed om my skouer drapeer"
pragtig!
-
Baie dankie aan almal. Ek het so bietjie geskaaf. Dalk lees dit nou beter.
blouswart wolke, son verduister,
'n hadida se smartkreet
en stilte wat moedeloos sug
stomheid vou sy kleed om my skouer
en ek sien my drome sterf
kop omhoog stap ek vorentoe
bou nuwe drome op braakland van my hart
vir jou plant ek 'n bloedrooi roos,
stuur vrede met 'n spierwit duif,
want liefde gaan nie dood
die dag as drome sterf
-
baie baie mooi... :hello2:
:grommit:
-
Ons het lanklaas iets uit jou pen gesien Gawie. Dankie vir die pragstuk.