Die Afrikaanse Forum
Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => Angelica se plek => Topic started by: Angelica on May 29, 2012, 05:24:34 PM
-
Hier's die link na my kinders se troufoto's.
http://breedephotography.co.za/?p=2054
-
Pragtig en uniek - nog nooit 'n ballet opvoering by 'n troue gesien nie ... pragtig!
-
Oe ek het hoendervleis!! Dit is prrragtig Angelica :love7: Elke foto lewe!!! Jinne ek lieffff troufotos :notworthy: My meisiekindjie trou weer einde Okt en ek het reeds twee groterige vogelhokkies en vier kleintjies waarin die kersies gaan brand, en soos julle gaan ons ook bale hooi he vir sitplek. Gaan regte cowboy gedoente glo wees. Nou sooooo opgewonde van vooraf.
Wag, ek wil gou eers weer gaan loer na die spogtroue :icon_salut: :notworthy:
-
Baie dankie Els, ek het dit baie geniet om 'n deeltjie te deel aan die troue. Dit is pragtige foto's en ek glo die twietjies sal werklik baie gelukkig wees. :love7:
-
sjoeee maar dis mooi, ek lief daardie in die prieƫl en in die skuit en by die koeie
:grommit:
-
Hierdie is net 'n paar foto's.
Dit was 'n perfekte dag: Die weer was 'n heerlike laat herfsdag, byna geen wind, vol sonskyn. Die hele gastelys het bestaan uit familie van Juann se kant, familie en vriende van Landi se kant. Die hele spul is close en kon daarom baie pret he as 'n groep.
Die hele naweek, vanaf Vrydag tot Sondag was een groot fees.
Saterdag en ek was 'n senu-bol. Kon skaars asemhaal.
Julle moet onthou, dit is my enigste kind. Vir my was dit die mooiste troue omdat die liefde tussen die twee kinders van my, so baie spesiaal is.
Dit is nie aldag dat skoonma en skoondogter en skoonseun en skoonouers so goed met mekaar klaarkom en al vir jare soos 'n familie voel en funksioneer nie.
Ons is almal baie betrokke by almal kinders.
Toe die predikant se 'Ek verklaar julle man en vrou', het die spanning afgerol.
Ek sien op die foto's Juann se hande was die heeltyd oopgesper en na die plegtigheid normaal opgekrul. Arme kind.
Die twee dansers is vriendinne van Landi en ook deel van 'n dansgroep waarby Landi betrokke is. Landi is 'n instruktrise by 'n dansskool, Vibrant School of Dancing.
BTW, die predikant is my broer, Naldo Ferreira, van 'n gemeente in Centurion. Hy is vurig soos 'n leeu en word ook soms 'Leeu' genoem. Het al gepreek op TV en Radio.
Die twee strooimeisies is Landi se sussies. Lieflike kinders. (Vir my is die jonges almal 'kinders'.)
Die ou(er) dame is my Mamma (89).
Nog twee van my broers het uit Wildernes en Plett gekom om hul enigste sus 'by te staan'. Daarvoor lief ek hulle nog meer.
Breede Escape is op Bonnievale, dorpie naby Robertson. En omdat dit so ver uit Kaapstad is, het die kinders 'n kamp op die plaas waar die plegtigheid gehou is, gehuur vir die gaste. Ons het Vrydagmiddag arriveer en eers weer Sondag gery.
-
Hoe geseend is jy mater!! Lekker verlees aan die ingekleurde trouprentjie!!
-
Nou het ek 'n kansie om al die "verlore" lees in te haal. Pragtig Els. Ek is so dankbaar dat jy so gelukkig is. :love7:
-
Dankie vir jou belangstelling in almal van ons se doen en late.. hetsy of ons gelukkig is of bietjie swaar kry.
Lief jou daarvoor.
Ja, die kinders het op die 12e al hul eerste herdenking gevier... eerste MAAND.
-
Jy weet mos dit is opreg. Elkeen van julle het 'n baie spesiale plek in my hart. Ek is die mees bevoorregste mens op die aarde. :notworthy: Dankie dat julle my aanvaar vir wie en wat ek is, met foute en al.
Hoe vorder die soek na 'n nuwe huisie vir julle?
-
Huis soek: Ek bly net hier in my huisie. Die kinders moet maar vir hulle 'n nessie iewers skrop.
Ek's te lief vir hulle om heeldag teen hulle te moet vasloop in die gang, in die kombuis, in die badkamer, in die oprit....
Nope, gee spasie. Ook nou nie asof hulle landuit verdwyn. Net in 'n ander voorstad.
Kan ook nie sien waarom ons 1 groot plek moet he as ons privaat in 2 kleiner plekke kan wees.
Gesonder vir verhoudings.
-
Dalk het jy 'n punt beet. Die oumense het mos altoos die spreekwoord gebruik van "kuier is nie bly nie".
-
Ons het al na moontlike plekke gaan kyk.
Alles is baie mooi en netjies en beknop en duuuuur.
Toe besluit ek dat dit nie gaan werk. En ek seg maar toe Ma :love7: julle, maar ek wil julle privaatheid gun. Soek maar plekkie vir julself.
-
Jy is 'n wonderlike ma Els. Dit is geen wonder jou skoondogter lief jou so baie nie.
-
"n oplossing is ook soos onse huise met die grannyflat in die agterplaas ... of 'n plaasie met 'n huisie in elke hoek .. maar spasie tussen die mure deur om asem te haal in jou eie unieke manier ... ons Truters droom van so 'n plaasie .... oupama in een hoek - boet in 'n ander, sus 'n die ander en ons in die oorbly hoek ... en die grond tussen in belaai met groente/vrugte/skapies en liefde :icon_salut:
-
pragtige fotos.....en mense
-
Baie dankie, AB.
Ek was verheug oor my kind se geluk.
Omdat dit my enigste kind is en ons vir baie jare alleen was, het ek my kind se geluk tot baie diep in my hart gevoel.