Die Afrikaanse Forum

Die kuierstoep => Kom kuier saam => Topic started by: Trapsoetjie on May 24, 2012, 10:02:02 AM

Title: Geluk!
Post by: Trapsoetjie on May 24, 2012, 10:02:02 AM
Het vanoggend oppad na my werk, 'n interessant opmerking gehoor. "Happiness is a Choice".

Ek glo ek is 'n baie gelukkige persoon. Ek is ook (ek glo) baie positief. Maar wat is geluk nou eindlik.

Ek is op my gelukkigste op my eie, met my eie geselskap. Dan ook is ek op my gelukkigste as ons klomp bymekaar kuier oor 'n glassie rooikoeldrank (want ek drink mos nie)  :evil6:.

Soms voel ek net om my eie geluk en positiwetyd (jammer weet nie hoe spel mens dit nie) weer bymekaar te bring,dis dan dat ek 'n tree terug moet staan en na buite kyk. Dis dan wat ek eindlik skrik. Dis dan wanneer ek dinge sien wat vir my totaal onaanvaarbaar is. Hoe mense mekaar gebruik en misbruik vir wat ookal. Maak dit hulle gelukkig wonder ek? (sien ek gaan met kleppe om my oë deur die lewe)

Moenie kom-kommer nie, ek word nie gebruik of misbruik nie, daarvoor is ek te hardekwas... :evil6:, dis met my terug staan en die mensdom so kyk dat dit my opgeval het. Verhoudings wat verbrokkel, familie wat ander familie sleg se op die publieke sender. Dan wonder ek, is hulle gelukkig? Want sien ek is geleer, jy kan nie geluk (maak/kry) op iemand ander se ongeluk.

Het hulle dit vergeet? Of is hulle so in hul eie haat dat dit nie meer saak maak nie? Ai....die mensdom, nou verstaan ek die woord baie beter. Die mens is baie dom.  :dontknow:

Dankie vir jul ore  :evil6: Of sal ek eerder skryf oë... :toothy4:

 :angel12:

 
Title: Re: Geluk!
Post by: PM on May 24, 2012, 10:28:19 AM
Dankie vir die mooi bydrae Trappies.  Ja, jy laat my glimlag met die "mensdom" wat jy so goed beskryf.

Ek dink nie dat "Happiness is a Choice" in al sy vorms, die waarheid is nie.  Ons lewens draai om die weegskaal.  Eendag is dit op en die ander dag is dit af.  Ons het nie altyd 'n keuse met wat na ons kant toe kom nie. 
As ek my kind verloor kan ek nie kies of ek gelukkig wil wees daaroor of dan bitter ongelukkig wil wees nie.  Ek het nie 'n keuse nie.  Ek kan slegs deur die proses gaan en dit dan aanvaar.  Die keuse is dan myne, wil ek toelaat dat dit my hele lewe ongelukkig maak     en ook almal om my s'n? 



Title: Re: Geluk!
Post by: Trapsoetjie on May 24, 2012, 10:51:25 AM
Nee dis nie wat "Happiness is a Choice" bedoel nie. Ek dink dis jou eie gesindheid teen oor wat met jou gebeur. Ja natuurlik gaan jy nie Gelukkig wees as jou kind iets oorkom nie. Dis vanselfsprekkend.

Ek dink wat die man vanoggend bespreek het was hoe jy die lewe benader. Gaan jy daardeur ongelukkig of gaan jy gelukkig daardeur. Dis jou keuse. Iets soos 'n dood, is nie 'n keuse nie. Dis feite. Iets waardeur nie een van ons wil gaan nie. Ek weet nie hoe ek dit sal hanteer as iets met my babas moet gebeur nie. Ek gaan dan skuins waansin as iets met my vierbeenbabas gebeur.

Maar al gebeur wat in my lewe het ek 'n keuse om gelukkig te wees in wat ek doen of in wat ek aanpak. Of ek kan beswaard en bedruk daardeur leef. Al hoewel ek nie die laaste een wil wees nie. Daarom my keuse van gelukkig te wees.

 :angel12:
Title: Re: Geluk!
Post by: PM on May 24, 2012, 12:51:23 PM
Ja, dit is so, daar is mense wat die lewe altyd met 'n glimlag aanpak, dan is daar mense wat alewig beswaard is.  Ek stem saam, in daardie verband het 'n mens 'n keuse. 
Title: Re: Geluk!
Post by: Ah Willa on May 24, 2012, 03:12:28 PM
Happiness is a choice!
Happiness let others be!
Happiness is the foundation of Love!
Happiness is a choice!
Ah,Willa!
Title: Re: Geluk!
Post by: Meraai vannie Baai on May 25, 2012, 01:07:56 AM
Soms word ons gedwing om geluk te vind in omstandighede wat jy voorheen as vanselfsprekend sou aanvaar. Vir my was hierdie paar dae saam Meisiekind en haar gesinnetjie weer, presies dit. Ons het die gelukkige oomblikke saam gekoester terwyl ons gewag het dat D-dag uur vir uur nadersluip. Dit was weer 'selle-tel-tyd' vir my kind en tot ons die uitslae oor twee weke ontvang, is hierdie leefwyse 'n reddingsboei en anker sodat ons nie verdrink in vrese oor wat die uitslag/behandeling gaan wees. Willa ek bind jou 'happiness is the foundation of Love' om ons sielehalse diekant  :love7: :notworthy:  
Title: Re: Geluk!
Post by: Trapsoetjie on May 25, 2012, 08:49:06 AM
Dis mooi gesê Willa.

Ta-Meraai ek dink aan julle die tyd van julle beproewing en glo dit gaan 'n goeie uitslag wees.

 :toothy4: Ek is so gelukkig, my keuse is glad nie moeilik nie. Met vriende soos julle, hoe moeilik kan "om geluk te kies" nou eindlik wees.

Ek het baie dinge om oor gelukkig te wees.

 :angel12:
Title: Re: Geluk!
Post by: Naas on May 25, 2012, 09:57:36 AM
Gelukkig kan ek soos Genis oor die straat strompel na die forum toe as die depressie-oorlog in my woed. So ek het 'n keuse om weer hier in woorde en liefde geluk te vind.
Selfs in siekte kan daar geluk wees.
Dis wat met die twee melaatses gebeur het: Die een het duim gegooi toe lag die ander een sy gat af.



 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Geluk!
Post by: Ah Willa on May 25, 2012, 12:06:48 PM
Naas en Genis is ewe snaaks .. met hulle in ons midde kan mens net gelukkig wees  :love7:
Title: Re: Geluk!
Post by: PM on May 25, 2012, 12:20:26 PM
 :icon_biggrin: Lees ek "fountain" in plaas van "forum".  :icon_biggrin: 'n Grappie help altyd teen die "beswaardheid".   :icon_biggrin:

Ons hou styf duime vas dat alles sal reg wees Raaitjie.  Ken ek nie daardie lang uitgestrekte wagtyd nie.  Dit is aaklig.  Sterkte vir julle jong.  

Ek het noudie dag na 'n praatjie geluister oor "wittebrood"   "witbroodjie"   "jy kla met 'n witbrood onder die arm".  
Net vir interessantheid, witbrood was daardie jare baie skaars en onbekostigbaar.  Jy het slegs witbrood geëet op jou troudag en dan het jy gaan "wittebrood" hou.  

Ja, ons kla dikwels te maklik en oor klein dingetjies Trappies.  Solank almal lewe en gesond is, kan ons baie ontberings uitstaan.  
Title: Re: Geluk!
Post by: Angelica on May 27, 2012, 03:33:19 AM
Choices....
Ek het besluit om nie negatief te wees na my aflegging.  Ek het die keuse gemaak om positief te bly, positiewe energie uit te straal wat ander rondom my aanraak en weer positief laat reageer teenoor my.
Ek was baie emosioneel op Vrydag, maar het nie toegelaat dat dit my interaksie met mense rondom my, benadeel nie.
Ja, jy het keuses oor hoe om te voel, maar daar is tye dat die lewe jou rondgooi soos dit wil (of moet?).
Title: Re: Geluk!
Post by: PM on May 27, 2012, 01:00:03 PM
maar het nie toegelaat dat dit my interaksie met mense rondom my, benadeel nie.

Dit is opsigself 'n groot oorwinning Els.  Is dit nie sulke insidente wat 'n mens laat groei tot groter hoogtes nie?  Wat het jy nog als geleer hieruit?