Die Afrikaanse Forum
Die kuierstoep => Kom kuier saam => Topic started by: Angelica on May 19, 2012, 05:18:12 AM
-
Die Rooi Taxi, oftewel, SA Agulhas, het vroeg gisteroggend gedok in die V&A Waterfront en Lewies se kuiken afgelaai nadat hy en nog baie lede van die span, maaaande lank op Marion-eiland navorsing gedoen het.
Dit was SA Agulhas se laaste vaart. SA Agulhas 11 neem oor en die het blinknuut 'n paar meter verder gele.
Dit is 'n hartseer dag vir ouens en vrouens wat soveel jaar op haar gewerk en saam met haar gevaar het.
Kom ons hoop Lewies lees hier en vertel vir ons die hele verhaal.
Gewoonlik is die eerste stop as die kuiken die land tref, MacDonalds.
Dan is dit baie vars groente waarvan hulle maar min kry op 'n baie ver en afgelee Suid eilande met baie sneeu.
Daarna is dit Home, James.
-
Ek het nogal nuus gekyk gisteraand ... ai ... sou ook meer nuus rondom die Rooi Taxi van Lewies wil kry ... uit die mond waar self-daar-wees
-
Ek is bly Louis se kuiken is weer veilig uit en tuis en by die huis. Ons kan maar vergeet om iets van Lewies te hoor, hy kuier nou seker dat die biesies bewe.
-
die kuiken is veilig by die huis. en tereg was die eerste stop by macdonalds.
nou ja nou is dit n gewoel met die klong want hy is hard besig om al sy dokumentasie uit te sorteer....visas en n duisend ander papiere want hy is oor n paar weke oppad Frankryk toe en gaan van daar af n alleen fietstoer doen deur Frankryk, duitsland, Austria, Italia(tot by die voet) dan op n ferry na Griekeland en verder te fiets na Turkeie en daarvanaf terug huistoe
die toer is so bietjie oor n duisend km van fiets roetes waar net fietse toegelaat word. geen ander verkeer nie.
dit gaan n moeilike een wees want die fiets gaan swaargelaai wees en die alpe en ander berge is ook in die pad en hy moet daar oor. al wat ek weet is dat hy baie fikser gaan terug kom as wat hy soontoe gaan maar dit behoort n ongelooflike ervaring te wees.
(dit is my ervaring van die tuiskoms van die rooi taxi)
Geruisloos…..teen n slakkepas…
sonder eers n boeg se brander
vaar sy om die hawe muur
in haar mooiste rok getooi
die helder rooi en wit geëts teen die winter se oggend son
Dit vat n ewigheid vir haar om die hawe in te vaar
asof sy huiwerig is om hierdie vaart te beeindig
(In 1979 haar eerste vaart na Marion eiland
in 2012 haar laaste vaart na Marion eiland)
Oorverdowend!!! blêr haar skeepshoring
n laaaang uitgerekte blêr wat weergalm tussen die klowe van die berg
n klank wat rillings deur my liggaam stuur
wat my laat dink aan n doodsnik se kreet
stadig sterf die eggo’s weg en n sekonde se doodse stilte heers
Vanuit die hawe volg daar nog so n blêr
In eerbied aan die rooi taxi, vanaf haar suster Agulhas ll
wat rustig le daar teen die kaai
soooo ampertjies haar ewebeeld en in wit en rooi verfraai
Hard…..ruk die snare
van die dolomiet hart van my
sluk, sluk ek ook maar om n traan te vermy
-
Geruisloos…..teen n slakkepas… en daar is ek in 'n ander wereld .... wat 'n prag weergawe van jou ervaaring
een dapper kuiken wat fiets oor die Alpe gaan ry ... :icon_salut:
-
Kry ek hoendervleis van jou pragstuk Louis. Soos gewoonlik vat jy hard aan my emosies met jou woorde. Ek sou dit baie graag in die volgende boek wou sien met 'n mooi foto daarby.
Jy het 'n brawe kuiken! Voorspoed vir hom. Ek hoop van harte dat ons van tyd tot tyd 'n "roeteverslag" met 'n paar foto's kan sien.
-
Ahhh, 'wies, dis mooi gedoen.
Selfs jou ou dolomiet hart het gesmelt to die rooi skippie brul. Sweet.
Stem met PM, dit gaan Boek 2 toe.