Die Afrikaanse Forum
Die kuierstoep => Die kiekiekyk plek => Topic started by: Meraai vannie Baai on May 14, 2012, 08:35:32 AM
-
(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/Daegonenperd.jpg)
-
Ag jitte hy is te pragtig Willa. Klaar 'n "groot man"!
-
Hulle word so gou groot ne PM. Hierdie outjie is ons kleine professortjie wat al bloots so regop sit. Kan jy glo! Die jonste enetjie se ponie is klaar op die plaas, hy gaan glo leer perdry voor hy nog kan loop vertel die trotse pappa wat met sy een been perdry soos min ander mans met twee bene :love7:
-
Ek onthou nog toe die dingetjie in mamma se magie was. Toe het ons al met mekaar gekuier, maar dit voel soos 'n paar maande gelede, en kyk waar trek hy! Ek hoop daardie lastige malers wat hom so gekasty het is al uit Willa.
-
Ek het al vergeet wanneer daardie malers hulle opwagting maak, le nou weer voor vir ons. Eish!! Alles van vooraf. Wag, laat ek gaan loer of hier nog nie 'n teken van Outop is nie. Dit word laat en ons moet nog entjie ry tot by Kind en kie!!
-
PM dis MEraai se klein prins op die perd in die mooi foto's
Theo se molars bedonder nog my kind se gesondwees en sy gemoed .. maar ons hou uit en byt op tande - dis seker amper klaar :angel8:
Meraai - kyk net hoe fraai - en kersregop sit die mannetjie - gaan beslis 'n goeie joggie wees!
Ons het ook altyd gese Theo sal kan code (software) nog voordat hy kan praat en lyk my dit word nou waar :-), gelukkig is perdry een van die beste oening wat daar is - so sy beentjies sal mooi sterk gevorm wees om te kan loop :)
-
Ek sit en tik met vingers terwyl my ore soos antennas gespits is heheehe. Kleinman slaap so vyf minute dan moet ek eers weer gaan sus en omdraai. Julle ek het al vergeet hoe groot werk is mamma wees en hoe kosbaar is elke minuut tussen alles deur. Mater sterkte met julle kleinman se stryd met tandekry. Glimlag ek wyd vir jou beskrywing!!!
-
Ag skuus man, ek kan soms so op 'n ander planeet wees dat dit drie kloppe vat voor ek die deur oopmaak. :icon_biggrin: HELLOOO... die ligte is aan maar niemand is by die huis nie. :icon_biggrin:
Dit is nou wanneer jy sien maar blind is en hoor maar doof is. Shame!
-
ons gee nie om dat ons so ver na die planeet moet gaan om saam jou te kuier nie PM ons lief jou nog net so baie soos wanneer jy tuis op aarde is :love7:
-
ag shame, ek voel so verleƫ! :icon_biggrin: Dankie my matertjie, dit laat my so baie beter voel! :icon_biggrin:
-
verlee .. PM .. nog nooit gesien nie ... :angel12: