Die Afrikaanse Forum

Die kuierstoep => Die kiekiekyk plek => Topic started by: AB on May 13, 2012, 06:15:19 AM

Title: sommer 'n paar fotos
Post by: AB on May 13, 2012, 06:15:19 AM
Ek het toe gister weer na die dam toe gery waar ek die vorige dag 'n werkie gedoen het en nie my kamera saam gevat het nie en paar fotos geneem.

Op die oomblik is daar so dun stroompie water wat in die dam inloop



(http://i212.photobucket.com/albums/cc83/ABRossouw/Goudini/08waterinloop.jpg)

die dam is so ent teen die berg op gebou en mens verwonder jou maar met aan die groot krnase wat daar is en dan klim bob en sy fimilie dit asof dit grootpad is wat hulle gebruik.

(http://i212.photobucket.com/albums/cc83/ABRossouw/Goudini/09berg.jpg)

Die berg se naam is Badsberg en die plaas is Opstal.

(http://i212.photobucket.com/albums/cc83/ABRossouw/Goudini/10badsberg.jpg)

Hier is Badsberg van die ou N1 se kant geneem, dis die Breƫrivier by die 3 wit brue.

(http://i212.photobucket.com/albums/cc83/ABRossouw/Goudini/05rivier.jpg)

langs die ou N1 is die plaas met die dam langs die pad.

(http://i212.photobucket.com/albums/cc83/ABRossouw/Goudini/06dam.jpg)


en in sepia

(http://i212.photobucket.com/albums/cc83/ABRossouw/Goudini/07damsepia.jpg)

een oggend in parstyd met sonopkoms net na invaltyd toe ek die krane gaan draai het.

(http://i212.photobucket.com/albums/cc83/ABRossouw/Goudini/03sonopkom.jpg)

dit is Worcester se berge daar in die agtergrond.
 genoeg vir eers voor julle verveeld raak
Title: Re: sommer 'n paar fotos
Post by: Ah Willa on May 13, 2012, 12:40:14 PM
Dis die mooiste mooi - wat 'n voorreg om hier rond te mag bly en wees!
Title: Re: sommer 'n paar fotos
Post by: AB on May 13, 2012, 03:14:07 PM
Dankie Willa, dis voorwaar 'n voorreg om in die Boland te mag woon en werk.
Title: Re: sommer 'n paar fotos
Post by: Ah Willa on May 13, 2012, 06:20:02 PM
Ek sou ook nie omgee as ons nader aan jou wereld kan beweeg nie - Kaapstad is goed en als, maar nie 'n plek vir 'n 3 jarige kind nie
Title: Re: sommer 'n paar fotos
Post by: Meraai vannie Baai on May 14, 2012, 02:30:46 AM
 AB soos altyd is jou fotos 'n oogfees. Lig my hoek en knak die knieg mater. Doet assebliefie voort. Ons GANIET!!
Title: Re: sommer 'n paar fotos
Post by: PM on May 14, 2012, 09:11:40 AM
Fingervoutjie!   :icon_biggrin:  Watter hoek lig jy Raaitjie?   :icon_biggrin:

Baie dankie AB, nou is jy weer viervoetig hier in ons midde! Kom ons daag jou uit om te kyk of jy dit kan regkry om ons verveeld om jou foto's te laat sit. 
Nie maklik nie!  Baie dankie vir die deel en as ek na daardie derde foto kyk, verbeel ek my ek staan in julle kombuis en kyk deur die venster! 
Title: Re: sommer 'n paar fotos
Post by: AB on May 14, 2012, 06:10:21 PM
my lus vir knoppie druk op die kamera het begin terugkom
ek ennog 2 ouens gaan die naweek DV visvang in Blombos omgweng, naby puntjie. gaan kamera saam neem en kyk wat ek daar kan afneem as daar kans is.


Title: Re: sommer 'n paar fotos
Post by: Meraai vannie Baai on May 15, 2012, 03:12:44 AM
Dros my 'd' en los my met 'n 'k'  :toothy4: sal my leer om inderhaas alles gelyk te wil doen. AB, my plek geboek hoor!!