Die Afrikaanse Forum
Die kuierstoep => Kom kuier saam => Topic started by: adele on May 08, 2012, 07:19:24 PM
-
vandag is hierdie stoepie 'sommer net' vol 'maan', 'wind' en die 'rimpel effek' wat in die lewe uitkring.
:grommit:
-
...en ekke het deur dit gedwaal met die woordmandjie styf onder my arm ...
-
en ek draf agterna om te sien waar die spoortjies getrap is en hoekom die maan die wind aangejaag het totdat die rimpel effek my maatjies so staan en klap het ... maar smile moet ons smile!
-
Om te weet is om te verstaan!
Almal van ons stap 'n paadjie en daar leer ons soveel lewenslesse en doen ervaring op. Dit bly vir my 'n wonderlike ervaring om te sien hoe almal na mekaar uitreik as daar probleme is en almal deel in mekaar se vreugdes. Ek is vas oortuig daarvan dat ons mekaar staande kan hou!
Hierdie forum is nie net 'n "kuberdroom" nie. Dit is 'n werklikheid! :hello2:
-
dit is 'n heerlike werklikheid PM
ek is sodankbaar dat Theo my nou meer tyd gee, en dat ek ook saam julle hier mag deel ... die hartseer en die vreudges .. die leer en die groei ... en die ontdek ... dis alles yum-yum!