Die Afrikaanse Forum

Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => Angelica se plek => Topic started by: Angelica on May 06, 2012, 12:11:20 PM

Title: Die Rimpel Effek...
Post by: Angelica on May 06, 2012, 12:11:20 PM
Die Rimpel Effek…

Dit neem haar ses jaar, na ‘n baie traumatiese egskeiding, om haarself weer op te trek.  Ses jaar waarin sy emosies en issues moes verwerk.  Waarin sy mense wat haar lewe verwoes het, moes vergewe.  Ses jaar waarin sy vanaf ‘n vrou in sak en as tot die posisie wat sy tot ‘n paar dae gelede beklee het, met harde werk, lojaliteit, weke se oortyd (sonder enige betaling of ‘n klop op die rug),  haarself tot by hierdie posisie opgetrek het.
In een verwoestende, dodelike, pynlikskokkende paar minute word ‘n boodskap oorgedra wat haar weer tot in die modder laat tuimel.
‘n E-pos word uitgestuur na die personeel by die Kaapstad en Durban takke dat ‘n vergadering van 4 ure geskeduleer is by diè twee takke op die 2de Mei.  Sy skarrel om die kantoor netjies te kry, silwerskoon handdoeke uit te sit, te sorg dat almal se smaakorgane nie teleurgestel sal word nie, vrolike geel madeliefies op die tafel.  Die perkoleerkoffie se geur deurtrek die kantoor en heet almal welkom.  
Rondom die konferensie tafel  neem almal solank plaas.  Sy moet net gou nog die skakelbord deurskakel na Hoofkantoor in Midrand.  Toe sy die konferensie-saal binnestap, staan ‘n stoel gereed vir haar direk aan die regterkant van die MD van hierdie afdeling van die maatskappy.  Sjoe, aan die regterkant terwyl die res van die personeel die ander stoele vul?  Dit voel so … spesiaal!
‘n Skyfie-vertoning oor ‘The Way Forward ‘ en ‘Business Rationale for Restructuring’ en ‘Centralisation, en ‘What does this mean?’  word op die doek gegooi…  Haar hart ruk.  Sy begin sluk aan die vrees, aan die woorde wat begin swem, later kyk en luister sy nie meer.  Dit is voor die hand liggend, haar pos is in gedrang.  
Nog later, nadat koffie deur haar bedien is, word die personeel een-een ingeroep.  Die res sit en wag om hul lot aan te hoor.  Dis somber in die kantoor.  Sy het oorgegee aan emosie.  Die wêreld tuimel en sy gaan een van diè wees wat gaan afval.  Bevestigend.
Maar, ‘don’t worry, we have come with a solution for you’ word sy mee gepaai.  ‘We have decided to bring you to Johannesburg to fill a position at Head Office.’   Sy weier.  Hoe kan hulle van haar verwag om haar te ontwortel en vir ‘n veel minder salaris te gaan werk?  Of is dit net om hul beeld by haar te verfraai?  Hulle kan dit amper nie glo dat sy dit weier nie.  Met die groetslag word sy vasgehou en voor gesê:  ‘Remember, I love you very much’,  maar ‘love you very much’ betaal nie haar huur.  Dit laat nie die stigma aan ‘werkloos’ verdwyn nie.  Dit gaan nie finansies verskaf wat moet betaal vir ‘n daaglikse bestaan, mediese kostes  nie.
Wiè is die goddelike man, of vrou, wat besluit het sy, onder andere,  is nou oorbodig?   Wie het besluit dat sy maar ‘n nuwe toevoeging tot statistiek van Werkloos kan wees?  Wie, indien enige, het baklei vir haar, vir haar trots om aan die maatskappy te behoort, ‘n werknemer te wees?
Niemand sal verstaan wat Retrenchment aan jou doen as jy dit nog nie ervaar het nie.  Jy sal nie weet hoe dit voel  as wins en geld in die base se sakke baie swaarder weeg as jou maandelikse salaris nie.  As jaarlikse bootreise na eksotiese plekke, vlugte na die Midde-Ooste, Malaysia, Kanada, die Middelandse See…. meer vir jou beteken as die trots van ‘n werk van een van jou ‘klase’.  
Hoe verduidelik sy aan hierdie BEE-hive besitters dat EEN salaris ‘n hele paar mense daarna kan help op ‘n beter lewe?  Hoe verduidelik sy aan hierdie mense dat die bydrae tot selfs die skoonmakers van die kantoor, asook haar huis, help betaal aan skoolgeld, kos, verblyf, klere in die gemeenskap?  Dit raak selfs die pensioenaris wat die toebroodjies aan die personeel verkoop  en die wins daaruit bydra tot sy daaglikse bestaan.   Gee hulle om?  
‘n Totale ongeloof is op almal se gesigte en in almal se stemme wat haar skakel om hul simpatie, of is dit empatie? aan haar oor te dra.  
As hulle maar net gewaarsku was, maande gelede al, dat daar ‘n moontlikheid is dat dit kan gebeur, dan het sy nie groot geskenke gekoop vir haar twee kinders wat oor ‘n week trou nie, dan het sy nie soveel spandeer aan ‘n nuwe uitrusting nie, dan het sy nie….  Dan het sy…..  Maar niemand het gesê nie, niemand het vermoed nie.  Wie sou in elk geval dink so-iets is moontlik in die maatskappy wat so vinnig uitbrei na Kanada, Sub-Sahara?  Hoe sou sy, en die res, kon weet dat die senior bestuur al maande lank om ‘n tafel sit en besluite neem wat haar direk raak?  
En aan die einde van Mei 2012 sal die deur agter haar toeklap.  Die deur wat sy elke oggend eerste oopgesluit het, saans toegesluit het nadat almal weg is.  Die deur na die kantoor wat haar huis was toe sy geen ander huis gehad het nie.  Die plek waar sy veilig was,  sy veilig gevoel het.  Haar hawe…

Die wereld het gekantel en sy val.  
Sy val alweer.
En onder…….   hang daar geen vangnet waarop sy veilig kan land.  

©Elsabé
 

Title: Re: Die Rimpel Effek...
Post by: Naas on May 06, 2012, 02:16:35 PM
 :crybaby2:
Goeie donner...



 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Die Rimpel Effek...
Post by: PM on May 06, 2012, 08:26:18 PM
Hier waar ek sit, snik ek my hart uit!  Ek is totaal en al oorbluf!  JY wat elke greintjie menswees vir jou werkgewers gegee het, wat alles in jou vermoë gedoen het om hulle besigheid op die hande te dra en verhef het, wat gelewe het vir jou werk!  Hoe kan dit moontlik wees?  Dit  STINK  na STANK  vir  DANK
en ek hoop 2 miloen luise maak nes in hul armholtes en elke ander plek waar hulle hare op hulle lywe het!
Ek is verslae!
Matertjie, ek is so jammer oor die vorige bydrae, as ek eers hier gelees het sou ek verstaan. 
Dit is 'n gatslag!  Om die minste daarvan te sê!
Title: Re: Die Rimpel Effek...
Post by: PM on May 07, 2012, 09:37:19 AM
en hier sit ek weer en ek lees weer die woorde wat so uit jou hart rol en ek het nie woorde nie. 
Ek weet net, sowaar as wat padda manel dra, daar  SAL  vir jou 'n uitkoms wees. 
Matertjie, hou moed, jy is 'n sterk mens en jy sal weer bo uitkom.  Moenie toelaat dat sulke ongediertes jou weer afgooi tot in die modder nie.  Ek weet dit is maklik vir my om te praat, dus gaan ek nou maar my bek hou.   :crybaby2:
Title: Re: Die Rimpel Effek...
Post by: adele on May 07, 2012, 07:58:07 PM
  ek lees....sal vir jou epos  kan nie iets sê wat kan deel hoe magteloos ek voel as ek jou bietjie wil ondersteun nie.

 :grommit: 
Title: Re: Die Rimpel Effek...
Post by: Meraai vannie Baai on May 08, 2012, 12:40:08 AM
Ek wens dat woorde vlerke kon kry dan het ek nou hierdie drukkie self gaan gee matertjie. Die knop in my keel het al hoe groter geword ... 'n jaar of wat gelede het een van die naambrandreuse ons oudste seun ingeroep en hy het dieselfde boodskap gekry as wat jy hier so pynlik beskryf het.  Die hel en vrees, duisend onbeantwoorde vrae oor hoe nou verder, waar nou verder ... kan mens net in geheel verstaan as jy self deur hierdie trauma moes worstel :crybaby2:
Title: Re: Die Rimpel Effek...
Post by: Angelica on May 08, 2012, 03:40:46 AM
Dit voel soos om te rou.
Ek moet afskeid neem van dit waarvoor ek bietjie gelewe het die afgelope 7 1/2 jaar.
My werk was my behoud in 'n tyd en lewe toe alles niks geword het. 
Dis moeilik om te verduidelik.  Die ongeloof oor die wreedheid van my medemens le so vlak in my bors, in my keel, my gedagtes... Dit oorheers byna rasionaliteit.
Gelukkig is ek baie besig met die finale vasknoop van al die los draadjies van die troue wat nog fladder.  Moet net byvoeg, die stress level is nou hoog ook daarmee.  Maar ons glo die naweek gaan wonderlik wees.  Vrydag gaan almal Bonnievale toe ry om die venue se 'make-up' te gaan doen, dress rehearsal en my twee kinders word gedoop in die rivier deur my boetie wat ook die troue gaan lei.  Ek het hom gewaarsku dat ek sy nek sal breek as hy hulle gaan versuip in die Breederivier.  So, sy lewe hang aan 'n draadjie.  Saterdag die troue.  Sommer van so vroeg as 13:00 tot middernag, want dan maak die bar toe. Smile..  Sondag het ons 'n brunch en die troukoek word daarna ge-eet, want dit is ook Moedersdag en al die moeders saam gaan nie so geseend  wees soos ek wat 'n dogter ryker geword het nie. My ou moeder (89) sal die koek sny en uitdeel.
Verder is daar finansiele dinge word gekanselleer, uitgesorteer moet word, want, sien ek gister, ons kry einde Mei net 'n halwe salaris.  Dan kry ons eers weer aan die einde van Junie ons laaste bietjie.
Positiewe dinge:  Ek mag 4 dae afvat sonder om verlof in te sit, dit sal ook uitbetaal word.  My CV word bietjie opgetert.  Gratis counseling. Een gratis kurses van my keuse.  Ek word elke dag besoek deur Bev, HR se baie simpatieke verteenwoordiger.  Bring it on, julle maaifoedies.
Ek gaan vir my eerste onderhoud volgende week.  Hou duimvas dat ek die werk sal kry al is die salaris baie minder as nou.  Enige salaris is beter as niks, of die skamele UIF wat ek vir 'n paar maande sal ontvang indien ek niks anders kry.
En dit is wat ek nou vir julle kan noem.
Title: Re: Die Rimpel Effek...
Post by: Angelica on May 08, 2012, 03:45:33 AM
Ek het gesoek vir 'n cowboy met twee revolvers wat vuur en spykers skiet hier op die rye icons, maar daar is nie een nie.
So... hier is die naaste wat ek kan kom om vir die Bytjies te wys wat ek van hulle dink..

 :pottytrain2:   :pottytrain2:   :pottytrain2:

 :laughing4:
Title: Re: Die Rimpel Effek...
Post by: Angelica on May 08, 2012, 03:53:34 AM
Nou kom die bedankings:

Ek weet julle lees en weet nie wat om te se.  Dis fine.  Ek skram ook weg van sulke situasies, want jy het nie woorde nie.  Dankie vir empatie wat jy het.
Aan die van julle wat vir my e-posse en sms'e stuur en gestuur het..  Adele, PM, Naas, Lewies...julle is ware vriende.  Dit dra jou deur die dag om te weet dat julle vir my bid, aan my dink.
Dankie vir die koffie, Naas, maar mag ek ook 'n koppie suiker by jou kry? 
Die lang droogte in die yskas sal seker 'n ruk duur, maar hey, die positiewe weer daaraan verbonde, is dat ek dit gaan afskakel en KRAG SPAAR en sodoende ook geld.  (Miskien kan ek sommer op 'n eetstaking gaan en 'n kg of 2 verloor. Boring.)
Slaap is min.  Worries baie.
Een uur op 'n slag. 
Title: Re: Die Rimpel Effek...
Post by: Angelica on May 08, 2012, 03:59:40 AM
Wanneer ek terugkom na die naweek, moet ons die kantoor begin inpak.
Weet julle hoeveel gemors le in al daardie lessenaars se laaie?
Ek wil 'n adder in 'n boks sit en die ou wat my aflegging-brief geteken het, se naam daarop skryf en dan opstuur Dead Office toe:

For Attention:  So and So.
(Private)
Mag die adder so honger en opgeklits wees as daai boks oopgemaak word, hy moet wil VREET.

Kom ons hoop na 'n paar jaar is ek genees van hierdie trauma en het ek die ou vergewe.  Dalk stuur ek vir hom 'n bedanking oor wat hy gedoen het.

Liewe land, die wekker gaan af en ek het nog skaars geslaap..  Hoe kom ek deur hierdie dag?  met oe oop, I suppose. 
Lief julle almal. 
Title: Re: Die Rimpel Effek...
Post by: Meraai vannie Baai on May 08, 2012, 04:20:58 AM
Wens sooooo dat ons nou naby mekaar was. Ek sou my vergrootglase opgesit het en vir ons so ietsie se watsie onder die sitplek ingedruk het vir die saam wees. Net nog 'n asem langs jou is mos soms al wat ons begeer in tye soos hierdie. Was daar met oudste seun so ons ken hierdie lange helle rimpel effek!
Title: Re: Die Rimpel Effek...
Post by: PM on May 08, 2012, 04:28:43 AM
Die Rimpel Effek...
Dit spreek boekdele.  
Ja, ek sit ook hier en kyk hoe wroeg jy deur die nag en ek is baie bly dat jy praat en nie onder die bed wegkruip nie.  :icon_biggrin:
Jy het dit Nooi.  Niemand gaan jou onderkry nie.  Beslis nie!  :headbang:

Skop en skree en gooi al jou speelgoed uit die kot uit.  Dit is deel van die rouproses.  Spoeg vuur!

Ek dink aan jou vandag.  

More Raaitjie, skryf ons so gelyk vir ons maatjie.   :icon_biggrin:





Title: Re: Die Rimpel Effek...
Post by: Trapsoetjie on May 08, 2012, 09:05:53 AM
O goeie genugtig.. Kom ek vandag hier op die forum om bietjie by te kom, want was bietjie skaars.... :color:

Nee man dis nou nie 'n lekker storie nie. Jy is nogal reg, ek weet nie wat om te sê, behalwe vloek en die mag ek nie. So jammer om te hoor. My dogter is deur amper soort gelyke ding, behalwe hulle het haar geforseer om te bedank en so onkundig soos sy was het sy ewe die papier geteken. Nou het hulle nog te kort betaal ook en dreig om haar CCMA toe te vat as sy enige verdere aanmanings maak. Want volgens wet mag sy nie24 uur bedank nie. Nice!

 :angel12:
Title: Re: Die Rimpel Effek...
Post by: PM on May 08, 2012, 04:45:22 PM
Welkom Trappies, het jou vreeslik gemis.

My hare staan kriewelrig regop in my nek.  Dit is werklik onrusbarend om te hoor hoeveel mense deur hierdie nagmerrie is die laaste paar maande.  Vir baie was dit 'n beter uitkoms en ek hoop van harte ook vir Elsabé.  Hoop dit gaan nou goed met Sammy ook.
Title: Re: Die Rimpel Effek...
Post by: Naas on May 09, 2012, 06:46:47 AM
Hul se gistraand die werkloosheidsyfer het gestyg van 21% tot 27,4%
My maatjie, moenie huiwer om met ons te praat as jy hulp nodig het nie. Ons is daar vir jou.


 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Die Rimpel Effek...
Post by: Ah Willa on May 09, 2012, 07:43:15 PM
Ek vloek nie sommer nie ... eintlik nooit nie ... maar DONNER - genoeg is genoeg ... hoe kan soveel mense so baie seer kry in so kort tyd!! 

En dan sit daar ronde gesigte in stoele en arms vou, met miljoene 'n maand in 'n bank rekening wat hulle nie eintlik toekom nie ... jibsem doen dit net nie nou vir my nie ... ek voel die pluksim in ... en dan kan ek nie eens die vloekwoord spel nie!!

Elsable ... ek is hier vir jou vriendin ... as ons kan help uitkyk vir werkies ... laat weet

stuur jou CV vir my ... ek is redelik in kontak met die mediese en conseration wereld se poste wat oopgaan ... ek sal vir jou poste wat deur kom forward ...

Naas se koffie en suiker gaan baie help, maar hier by ons is tee en melk ook hoor!!  Enige tyd ...

Vriendin jy moet se wat jy nodig het  - as ons elkeen 'n stukkie krummel bydra, is die hongersnood nie so groot nie

LIEF JOU ... skies vir my lelike taal hierbo ... maar dit moes net uit ...  dit moes net!
Title: Re: Die Rimpel Effek...
Post by: Ah Willa on May 09, 2012, 07:44:48 PM
conceration ha ha conservation en dis nature conservation .. SANBI by Kirstenbosch asook CapeNature en ander ...
Title: Re: Die Rimpel Effek...
Post by: Angelica on May 10, 2012, 02:44:08 AM
Life and Times
like the seasons
like the tides
come and go
come and go..

Gister vra 'n kollega: Els, wat gaan jy doen?  Ek se, as jy 'n gerammel hoor, dis die Universe wat goete rondskuif om plek te maak vir Ella.  Ek het nie gesterf nie, ek het nog 'n plekkie erens.  Geduld.  Wag en sien.
Nou sal sommige vir jou vertel, Ha, nie Ella nie, daai vrou het geen maar geen geduld nie.  Ek leer nog daagliks.  Nou weer 'n klomp goed geleer. Don't trust them.  They feel nothing for you.  Mooi woordjies en drukkies is aangeplak.  Solank die sakke kan bult met ponde, voel hulle vere.  Ons sien en lees mos daagliks.
Maar, my gesig is gedraai na die Son.  Warmte spoel onophoudelik oor my.  Dit mag dalk die 'warmste winter' nog in my leeftyd word.
Title: Re: Die Rimpel Effek...
Post by: Angelica on May 10, 2012, 02:53:59 AM
Naas se dat die werkloosheidsyfer so bietjie gegroei het; dit was ek wat bygekom het.  Niemand kan se ek het nie 'n contribution gemaak nie.  Of hoe?

Willa, dankie girl, jy is 'n  :angel8:
Ek gaan my CV bietjie optert en vir jou stuur.  Sal later jou persoonlike e-pos adres by jou kry en dan gaan ons wag en kyk.
Ek gaan volgende week vir 'n onderhoud vir 'n veel kleiner salaris, maar dit is fine.  Ek kry eerder 'n salaris as wat ek op die bankies gaan skuif vir 'n bietjie UIF.
Daardie plek (ek het al vantevore gaan skuif daar toe ek by die bank bedank het in 1999) is 'n worstelgat.  Ek is nie so goed met heeldag in 'n stuffy plek te sit op taaivuil bankies en elke paar minute op te skuif nie.  Daardie bankies is glad geskuif.  Nie eens te praat van die kleinjies en ekstra familie-lede wat saam wag vir die paar R.  Dink, honderde nuwe species kiemietjies wat rondwaai, goggatjies wat spring en klou en nies en spit n spat...
Maar as ek moet gaan sit, gaan ek sit vir die paar R wat ek kan kry.  Myne.  Self betaal.
Title: Re: Die Rimpel Effek...
Post by: Angelica on May 10, 2012, 03:02:41 AM
Ons word elke dag besoek deur Bev van HR.  Sy gaan my ook besoek vandag en ook Dinsdag, albei dae wat in my VERLOF val.  Nee, maar dis ok.  Kom drink koffie en chat. 
Goeie nuus gebring gister:  word heelwat meer uitbetaal wat aanvanklik hulle aanbod was. 
Ek mag 'n kurses uitsoek by Dynamix wat ek wil doen en hulle betaal.  Daaroor sal ek nog besluit in die volgende paar weke. 
Ek het gister begin pak en ook 'n lys gemaak van wat moet gebeur in die paar dae wat ek weg is.  Nee nee, daar gaan nie agteroor gesit word en koffie drink nie, daar sal gepak word.   As ek teruggaan, moet die bokse staan en wag vir die trok.
En ek gaan probeer waardig bly.  Gaan dit alles baie mis.
Maar, soos ek gese het, my gesig is gedraai na die son.
Title: Re: Die Rimpel Effek...
Post by: Angelica on May 10, 2012, 03:08:00 AM
Ek gaan heel moontlik vir 'n tydjie nie hier kom loer nie.
Wil vir julle vertel hoe bevoorreg ek is om hier te kan wees. Dankie vir jul besorgdheid.
Willa, as ek tee en melk soek, skakel ek jou.  Hierdie naweek gaan ek wyn. 
Mamma gaan hier kuier by my, sy's 89 en op en wakker, en ons gaan bietjie kuier in mekaar se geselskap.
Wees veilig.
En bly so wonderlik, julle is steunpilare.
Bi
Title: Re: Die Rimpel Effek...
Post by: Angelica on May 10, 2012, 03:14:30 AM
Ek gaan nou my slaapmus opsit   :icon_bigsmurf:
Dalk kan ek 'n oog toemaak.

Ciao
Title: Re: Die Rimpel Effek...
Post by: Meraai vannie Baai on May 10, 2012, 03:17:16 AM
Ek bring nog bietjie sandjies vir die oge sodat jy heeeerlik sal slaap matertjie. Geniet die kuier saam met moederlief!! Gaan jou liggie mis.
Title: Re: Die Rimpel Effek...
Post by: PM on May 10, 2012, 06:47:10 AM
Ek is bly dat jy so positief is matertjie, nou is ek nie meer so bekommerd nie, ek weet jy sal die pyp rook.  Geniet jou kuiertjie en geniet die troue met 'n passie. 
Title: Re: Die Rimpel Effek...
Post by: Fransi on May 11, 2012, 03:17:37 PM
 :hello:

Baie baie sterkte. Dit gooi 'n mens onderstebo en deurmekaar, maar gelukkig is daar ook tye wat jy voel dat jy sal regkom en plan maak, wat help vir die donker tye wat jy net in jou bed wil wegkruip en soos 'n volslae mislukking voel. Dink aan jou en glo dat daar uitkoms sal kom.
Title: Re: Die Rimpel Effek...
Post by: Ah Willa on May 11, 2012, 08:14:41 PM
Ek wag vir die e-mail - die tee en melk is hier ... en ek is so dankbaar jy is so positief ..  :love7:
Title: Re: Die Rimpel Effek...
Post by: PM on May 11, 2012, 10:08:00 PM
Ai Fransi, ek weet jy is pas deur dieselfde trauma.  Dit maak 'n ou benoud om te dink dat dit so naby aan eie geledere gekom het.
Ek hoop en glo dat dit net vir die beste is.  Mag altwee van julle baie beter daaraan toe wees as voorheen.  Skuus as ek uit my beurt uit praat, maar ek wens opreg net die beste vir julle toe. 
Title: Re: Die Rimpel Effek...
Post by: Ah Willa on May 12, 2012, 07:39:04 PM
Skiesie Franci - nie geweet jy is ook hierdeur nie ... dink ook aan jou ... is jy al geholpe met werkies ... anders kan ek vir jou ook goedjies e-mail

poste is reg oor die land wat ek onvang - dis meestal medies/conservation
Title: Re: Die Rimpel Effek...
Post by: PM on May 14, 2012, 09:37:32 AM
Willa, my jongste se matertjie wat saam met hom (in ons huis) groot geword het, het die einde Feb. die trekpas gekry.  As dit reg is met jou, gee ek jou e-posadres vir hom, sy naam is Cronje, dan kan hy sy CV vir jou deurstuur.  Hy het by Nasionale Parke begin werk as 'n wildbewaarder (so 15 jaar gelede) en het baie ervaring van "conservation".  'n Pragtige man met die mooiste persoonlikheid. 
Title: Re: Die Rimpel Effek...
Post by: Ah Willa on May 14, 2012, 12:43:51 PM
Natuurlik is dit reg - ons moet SAAMSTAAN en SAAMWERK dan kan almal STAANDE bly WERK :-)
Title: Re: Die Rimpel Effek...
Post by: PM on May 15, 2012, 04:55:05 AM
Baie dankie matertjie.  Laat weet vir my of hy dit stuur hoor. 

Dit is 'n pragtige stelling wat jy daar maak. 
Title: Re: Die Rimpel Effek...
Post by: Ah Willa on May 15, 2012, 11:57:09 AM
E-mails is geruil :-)

ons moet SAAMSTAAN en SAAMWERK dan kan almal STAANDE bly WERK
Title: Re: Die Rimpel Effek...
Post by: Fransi on May 16, 2012, 09:28:38 AM
Dankie Ah Willa en PM.

Ek sou eergister my eerste UIF gekry het, maar toe is daar probleme. Hopelik volgende maand. Intussen maak ek sepe, badsoute, bubble doh, tee ens. Volgende maand moet ek seker begin om die website vir die goed te maak, maar my ondervinding daarmee is beperk tot die bemarking en die vorm bv. kleur ens. nie die tegniese gedeelte nie.
Ek het darem al meer as 35 resepte. Die eksperimenteer met die verskillende essensiële olies was pret. Ek hoop regtig dit werk, want ek het 'n groot gedeelte van my uitbetaling daarin gesit.

PM, ek hoop jou jongste se vriend kom gou reg en Angelica, ek dink aan jou en glo dat jy moontlik 'n nuwe pad sal kry. Die pad/werk wat reg sal wees vir jou en waar jy regtig waardeer sal word. 'n Plek waar hulle nie net jou vaardigheid en harde werk sal raaksien nie, maar ook jou verskeie talente en jou intelligensie.
Title: Re: Die Rimpel Effek...
Post by: PM on May 16, 2012, 09:32:19 AM
Ek het gewonder waarmee jy so drukbesig is dat ons jou so min sien Fransi.  Bly jy geniet wat jy doen en wens jou alle sukses toe daarmee. Hoop jy kry darem nou 'n tydjie om te skryf matertjie.  Wag in spanning om iets uit jou pen te lees.  Jy weet ek lief jou werk.
Title: Re: Die Rimpel Effek...
Post by: Fransi on May 16, 2012, 11:42:26 AM
Dankie PM, ek is jammer ek woerts-warts net nou en dan hierin. Hopelik sal ek in 'n maand of twee of drie dinge op die been hê.

Ek dink ek neig na tonnelvisie- kan nie "multi task" nie.  :icon_biggrin: Op die oomblik is die enigste woorde in my kop goed soos: soveel druppels van hierdie ene... die een kos soveel per druppel. ;-)
Title: Re: Die Rimpel Effek...
Post by: Ah Willa on May 16, 2012, 10:12:45 PM
Fransi .. kom deel bietjie wat jy alles aanmekaar slaan ..

as jy hulp met jou webtuiste nodig het .. praat maar .. dan help ons soos ons kan ...

mens moet maar deesdae inspring en doen wat mens kan om inkomste te generate :-)
Title: Re: Die Rimpel Effek...
Post by: PM on May 17, 2012, 09:05:33 AM
Dit is goed so Fransi, ek verstaan.  Ongelukkig is dit so, ons moet maar doen wat gedoen moet word om kop bo water te hou.  Tel jou druppeltjies en werk die pryse uit en as jy enige produk het wat jy wil bemark, voel vry om dit hier te adverteer.  Ons wil graag weet wat maak jy.  Deel dit met ons asseblief. 
Title: Re: Die Rimpel Effek...
Post by: Angelica on May 17, 2012, 07:43:46 PM
Ek het ongeveer 'n week oor van werk.  WERK. 
Die kantoor is nou net bietjie van oor.  Die Reps het hul tafels en rakke en samples en brochures uit en in hul huise in.
Die meubels wat aan ander kantore verkoop is, kan by Maandag uit wees en die res word volgende week ge-wrap en JHB toe gestuur.
By Donderdag word die rekenaars ontkoppel en Vrydag word die stock getel en weggevat.
Saterdag word alles gelaai en ek sluit die kantoor en handig die sleutel oor aan die ou van H/O.
Dan stof ek my handjies af en klim in die karretjie en ry huistoe, sonder om 'n traan te stort.  Daarvan het ek genoeg gedoen.
Nou is dit positiewe gedagtes en 'n smile op die gesig.
Hoe opwindend 'n tyd gaan wees waarin jy nie werk en net worry oor waar die volgende rent vandaan kom, weet ek nou nie, maar die ou wat die besluit geneem het om my my werk te ontneem, moet maar wakker le daaroor.
Ek sal wakker le en lees, hy kan wakker le en worry.

Aan die van julle wat deur dieselfde ding gaan, staan sterk.  Ons sal altyd 'n dak oor ons koppe he, 'n broodjie om aan te peusel en 'n beker water.  Regtig.
Uitkoms is net om die hoek.

 :icon_salut:
Title: Re: Die Rimpel Effek...
Post by: PM on May 18, 2012, 07:45:46 AM
Dit is lekker om van jou te hoor en ook om te sien dan jy so positief is Els.
Ek hou styf duime vas dat daar vir julle almal uitkoms sal wees. 
Hoe het die troue afgeloop?
Title: Re: Die Rimpel Effek...
Post by: Ah Willa on May 18, 2012, 04:37:48 PM
Ons leef glad nie in maklike tye nie ... Andre en ek het juis nou gebid dat een van die baie kliente tog net sal betaal - Theo se doeke is klaar en ons het op Maandag van die cheap soort gekry - my kind sy boudjies is rou en my man een groot stress boll en moeg gewerk ... hy werk regtig hard en dan maak kliente so!!

maar Angelina ons kla nie ... ons stort nie trane nie ... ons smile ... want ons Vader gaan mos voorsien ... en daai rent ... ....
ons sal almal 'n manier vind op by jou te staan! 

Bly positief - ek like dit baie ... en die lewe is mal daaroor - dit is dan geneig om dinge na 'n mens se kant toe te bring!
Title: Re: Die Rimpel Effek...
Post by: Meraai vannie Baai on May 20, 2012, 02:03:31 AM
Ai julle, mens se hart wil verkrummel as jy lees hoe moeilik dit met so baie mense gaan. Willa, ek bid saam met julle mater dat sommer baie kliente gaan kom betaal!
Title: Re: Die Rimpel Effek...
Post by: Ah Willa on May 20, 2012, 02:06:56 AM
Ja - die betaalings het nog nie ingekom nie - maar ons onthou toe van effekte trust - het so paar rand terug gekoop - maar wag nou vir dit ook .. ha ha
maar darem weet ons dit kom en die betaalings kom ... ons kla nie ..

en het intussen 'n slim plan met die cheap doeke gemaak ... ek had nog expensive dame-doekies ... so nou plak ons een lang expensive een in die cheap doek - gooi baie duk boudsaalfies op ... en alles gesort ... sy boudjies is nou darem weer mooi gesond ... dit was erg om dit te sien - in amper 3 jaar, het Theo dit nooit beleef nie ... ons harte stukkend, maar ons Vader weet, die beste is tafel toe gebring ...

 :love7:
Title: Re: Die Rimpel Effek...
Post by: Angelica on May 20, 2012, 05:27:28 AM
Willa, jy deel drukkies en raad en bystand en ondersteuning uit terwyl jy self deur 'n tyd van worries gaan,  dit is awesome verby.
En moet nooit verander nie.  Ons het jou nodig in die samelewing en gemeenskap.  Potty train,   :pottytrain2: jou klein  :angel8: en jy skakel 'n groot hap uit die beursie uit. Hemel, potty train is so 'n tydrowende,  :BangHead: ding, dat ek wonder of mens nie net die kind op die potty kan vasmaak sodat hy heeldag met die ding aan sy boude kan loop nie. 

My ondersteunings-groep is my vangnet. En ek het gedink ek gaan val tot in 'n diep gat vol modder...  toe nie.  Julle, tesame met my ander vriende en my fantastiese familie,  het hande gevat en ek het sag geland.
Ek het nog nie 'n werk nie, maar ek voel nog nie bedreig deur die wolf by die agterdeur wat my wil verskeur nie. 
Ek het nog nooit 'n dik beursie gehad nie, so dit is nou nie asof ek nie gewoond is aan 'n plat beursie of -sak nie. 
En ag wat, kry ek nie in die volgend 6maande 'n nuwe outfit of paar skoene nie, so what.  Ek sal nog steeds geklee wees. 
En rent?  Ouma is gelukkig hier en ek maak 'n small loan tot die wolf wyk and it's pay back time. 

Die geheim is om positief te bly.  In my geval is dit 'n oorwinning.  Ek is geneig om depressief te raak, maar hierdie ideale geleentheid daartoe, het sy gat gesien en ek het oorwin.  Ek weier om my lewe  met 'n swart jas verder in te gaan.  Die son skyn en die soos Willa se, die lewe lief lief lief mense wat positief is en gooi jou toe met seeninge.

Julle klomp is awesome.    Bly so.

Title: Re: Die Rimpel Effek...
Post by: Ah Willa on May 20, 2012, 06:13:17 AM
You go girl!!

Laat die lewe maar kom slat dat die tanne so spat - smile sal ons nog steeds, want ons staan saam, bid saam, huil saam, sing saam, lag saam   :hello2:

Ek is bly jou vriende en familie neem hande met die forum en jou om jou staande te hou in die storm waterjties ... 'n reddings boot is op pad - Hy't beloof!

Ons wou Theo al ge-pottie train het ... maar met die probleem met sy abnormal pynlike tandkry process het pediater aanbeveel dat hy eers na tande klaar sny van doeke af ... die laastes sny nog deur .. kan hulle al sien en hier en daar klou 'n stuk gum nog vas ... en nou is die winter hier ... so ek dink nie ons gaan pottie voor na die winter nie ... ogom ogom ogom ...

 :toothy4: smile - dis al wat niemand van ons kan weg neem nie!  En jou smile (my smile) kan iemand se lewe red ... so hoekom nie smile nie, nou matter what ...

ons almal face challenges ... dit beteken nie ons kan nie hier wees vir mekaar in mekaar se challenges nie ... en as daai swart jas uit die kas spring .. dan werk ons almal die ding terug innie kas ;-)

hou moed, hou spoed, want die einde lyk goed!
Title: Re: Die Rimpel Effek...
Post by: PM on May 20, 2012, 08:01:24 AM
Hannes sê gister hy wens hy kan die lotto wen, dan sal daar darem baie dinge verander.
Ons koop daardie plaas waarvan Trappies droom en ons gaan almal daar bly en saam werk.  'n Mens mag mos droom.   :icon_biggrin:
Title: Re: Die Rimpel Effek...
Post by: Ah Willa on May 20, 2012, 03:11:59 PM
Ek droom ook oor 'n plaas ... ek oorweeg dit om 'n familie plaas terug te gaan claim - dis mos hoe mens dit doen deesdae ... my OUpagrootjie het 5 plaase nagelaat aan sy 5 kinders ... net een van daai plase is tans in familie besit - hulle het geen reg gehad om die plase onder ons uit te verkoop nie - ons was nog nie eens gebore nie ... en hulle is almal oorlede .. net hul grafte nog op die plase  .. en ek wil net die een wat ons my pa se broers, en my en my broers behoort terug he ... my pa was 3 toe sy pa oorlede is .. hy 'n laat lammetjie ...

dis nou wel in die Vrystaat - ons bou sommer ons eie see daar :-)
Title: Re: Die Rimpel Effek...
Post by: PM on May 20, 2012, 03:34:19 PM
Jy praat.  Die hele Ellisras en Groblersdal het aan Hannes se oupas behoort.  Al hulle stiefkinders is daarmee heen, nie eers 'n voet grond waar 'n mens 'n paaltjie kan inkap nie.

As ons almal darem die geld wat ons maandeliks aan paaiemente spandeer bymekaar gooi kan ons 'n groot klein plasie koop. 
Title: Re: Die Rimpel Effek...
Post by: Ah Willa on May 20, 2012, 06:35:53 PM
Ek is in!!  En niemand mag daar woon, want nie ten minste elke dag 'n nuwe Afrikaanse woord skep en 'n gedig 'n week dig nie  :hello2:
Title: Re: Die Rimpel Effek...
Post by: Meraai vannie Baai on May 21, 2012, 12:03:44 AM
Julle sal maak dat ek my woordbesem vir Outoppie gee om 'n jet-engine ergens in die stok in te bou  :love7: :notworthy:
Title: Re: Die Rimpel Effek...
Post by: PM on May 21, 2012, 04:36:21 PM
Jy sal net 'n warm jassie ook moet kry Raaitjie en moenie die "warm-maak-voggies" vergeet nie en onthou om die rottegif in jou jassie se sak te sit!  Ons sal sommer die woordmandjies hier op die plaas maak. :icon_biggrin:
Title: Re: Die Rimpel Effek...
Post by: adele on May 21, 2012, 06:55:14 PM
Ek is in!!  En niemand mag daar woon, want nie ten minste elke dag 'n nuwe Afrikaanse woord skep en 'n gedig 'n week dig nie  :hello2:
nuwe woorde uitdink is baie moeiliker as gedigte skryf, ruil die tye liewer om...    :toothy4:

 :grommit:
Title: Re: Die Rimpel Effek...
Post by: Ah Willa on May 22, 2012, 02:26:33 AM
 :icon_biggrin: dis waar Adele