Die Afrikaanse Forum
Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => PM se plek => Topic started by: PM on May 03, 2012, 11:27:40 AM
-
Geld wat stom is
Met jou ronde blink kop
en ʼn bek wat klingel
staan jy agtpotig op
om my drome te verstrengel
dou voor dag jaag jy my uit
ontneem my van vreugdes
en so ook van my tyd
jy is ʼn onmisbare gedrog
tog voed jy klee my
gee ʼn dak oor my kop
geld wat stom is
maak mos reg wat krom is
© PM
-
Ek geniet en die tipografiese wit pas vir my pragtig in jou gedig!!
-
Dit werk goed vir my, ek verdwaal so tussen die leestekens, as ek dit so gebruik komkommer ek nie daaroor nie.
-
die tipografiese wit laat my nog :icon_scratch:
maar ek geniet die gedig sommer baie PM :toothy4:
-
Ag nee Willatjie, tipogragiese wit is maar net in die plek van 'n komma. Waar jy nou 'n kort rukkie stilstaan by 'n komma, staan jy net 'n klein rukkie langer stil by die wit spasie wat jy los om vir die leser tyd te gee om te dink. Dit is amper dieselfde as die drie kolletjies... (die ellips) Die leser haak vas by: jy----- is ʼn onmisbare gedrog! (Jy wat geld is)
tog voed jy----- klee my (jy wat geld is)
as ek in die Kaap is gaan ons baie lekker saam kuier oor hierdie "vreemde verskynsel". :icon_biggrin:
-
Dit sal so lekker wees om te hoor hoe jy die gedigte met die tipogragiese wit spasies wat tipografiese genoem word, hardop lees :toothy4:
-
Hou daar sustertjie, ons is nou daar!
Ek weet ek praat deur my nek, ek moet kans gee om te sien wat gaan gebeur, maar, ek ken vir Hannes Smit, voor ek my oge uitvee gaan hy na sy familie toe, Kaap toe!
Hou daar, ons is een van die dae daar!
-
Ons gaan genoeg slaap, sodat ons baie slaap het as julle kom sodat ons nie tyd mors met onnodig slaap terwyl julle hier is nie