Die Afrikaanse Forum
Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => PM se plek => Topic started by: PM on May 03, 2012, 11:24:14 AM
-
Daar’s ‘n winkeltjie op die hoek
wat vis en skyfies maak
dit laat my vingers
tog so lekker smaak.
Lipklaplekker!
-
ek was so lus vir daardie skyfies - maar ons mag nog nie skyfies saam die vis eet nie - toe speel ek maar met jou mooi vers :-)
-
en ek wag en ek wag maar daardie prentjie wil nie oopmaak nie.
Ek het ook daardie vetgatsindroom! Ek mag ook nie aartappels eet nie en dit is my gunsteling dis!
Of brood, of mielies, of suiker, of... my magig, ek mag eintlik niks eet nie!
-
Die geur van asyn oor daardie lipklaplekker skyfies lok my nader tussen jou lyne en ek wil gaan soek na die winkeltjie op die hoek! (ek het op Willa se prentjie regs gekliek met die muis en gese open link toe kan ek myself verlustig in woord en beeld)
-
dit is sulke 'versie-griffels' wat die lewe tussen woorde laat blom
:grommit:
-
Theotjie is bietjie siek - ons het heelnag omtrent niks geslaap nei .. ons was vandag by Andre se ouers vir moedersdag (more) sy boet was ook daar en na 17:00 tuis gekom .. ons self is ook bietjie koorsig en mannetjie nog nie lekker nie ... sodra ons beter is sal ek Andre vra om bietjie te loer wat gaan aan ...
ek verstaan nie hoekom die image nie grooter oopmaak as mens op dit klik nie ... en toe ek dit met die muis regsklik het net 'n tumbnail oopgemaak ...
vir nou is die maklikste dalk om dit te download na jou pc en dit van daar in jou viewer te besigtig ..
tot later maats
-
Ek dink dit neem net langer om oop te maak en ek is mos maar ongeduldig van aard. :icon_biggrin:
Ek het dit gehaak en geplak in my program en lees dit sommer van daar. Baie dankie vir jou inset, ek waardeer.
Ek glo dit sal gou beter gaan. Is dit nog die malers wat pla?
-
lyk my maar die duiwel jaag ons ... ek het vanoggend geval en my pols baie seer gemaak - amper gedink die ding is af - maar hy hou darem nog hand en arm aanmekaar vas! Theo dink ek was kombinasie van sinusitis en tande ... koors is darem nou weer normal en hy is meer homself. Ellla hoes ook minder en Andre se koors is ook darm minder ...
maar ons sal nie ophou smile nie ;-)
-
ek weet nou hoekom neem die een solank om oop te maak - want ek het dit nie kleiner gemaak nie - dis nog die orignal creation - 'n samoesa se file :-) sorry PM
-
Ek het gesien toe ek dit gehaak en plak het in die program. :icon_biggrin: Lewensgroot! :icon_biggrin:
-
soos ek :hello2:
-
Oi joi joi sterkte met almal wat seer gekry het, almal wat olik voel - spoedige beterskap. Wou gou kom loer so tussen die winde uithaal en doeke ruil wat maak julle - toe sien ek die ouvrou is nog al die pad ingeteken. Gaan so dol ek weet nie eers wanneer dit gebeur het. Wag, laat ek hol. Daar skrou my alarmpie met beentjies en arms hehehehe!!
-
mens lief maar die alarmpies ne Raaitjie