1 stilswye wil my verstik
2 met die flik van jou tong
3 het jy my eenkant laat lê
4 smagtend in eie kokon
2 met die flik van jou tong
5 alleen in eie gedagtes versmoor
4 eensaam, hunkerend
6 vure wat brand om vervul te word
5 alleen in eie gedagtes versmoor
3 het jy my eenkant laat lê
6 vure wat brand om vervul te word
1 en... stilswye wat my verstik
Dit lees so gemaklik en skep helder beelde PM :notworthy: :icon_salut: En die witspasie so spaarsamig gebruik is beslis 'n treffer!!
Dankie Raaitjie.