Die Afrikaanse Forum
Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => PM se plek => Topic started by: PM on May 03, 2012, 11:19:40 AM
-
wyl ek ploeter deur die donker woud
met die pes aan die punt van my staf
geknoop deur ʼn vrag vol wrokkigheid
en al die vrae sonder antwoorde
hang die klam muf van verrotting
soos kanker, vermoeiend in die lug
misnoegd met die worstelstryd
die bitter wat my oorweldig
die ongeluk wat ek om my saai
al die hartseer wat dit meebring
sak ek verdrietig op my knieë neer
smagtend na die gawe van vergifnis
die gefladder van die wit duif
laat my opkyk en ek hoor:
keer terug laat die gemors net hier
dit is nie jou bondel wat jy dra nie
elke ou betaal vir sy eie sonde
en jou skuld is reeds gedelg
sonstrepe dans deur die lowerdak
ek kry weer nuwe moed en krag
die tred in my stap word flink
met ʼn wandelstaf wat swaai
stap ek uit op die spierwit strand
en ek weet ek is tuis
-
Vyfster kaalvoetgedig :hello2: :notworthy: :icon_salut: en weereens is die tipografiese witspasie perrrrfek PM.
Hierdie ene is 'n moet vir boek 2!!!
-
Dankie Raaitjie, ek het lank gebeitel aan hierdie een en was steeds baie onseker toe ek dit geplaas het. Daar is ook 'n perfekte prentjie wat daarby pas, maar dalk bring iemand vir my 'n beter idee, of 'n eie kunswerk, wat ek daarby kan gebruik.
-
ek's stom geslaan - wind uit my seile uit ... maar ek het so bietjei gaan skep ...
dalk nie helemal die gevoel wat jy wil weergee nie, maar wat dit by my kom anker het ...
klik maar op die prentjie om my binneste oor jou mooi gedig te kan sien ....
-
WOW Willa! Dit is treffend! Ek is eintlik te bang om daarna te kyk, dit lyk te werklik en die kontras van die blommetjie daarby spreek ook boekdele.
-
Dit is 'n blywende, perfekte kombinasie so. Willa jy het beslis 'n aanvoeling vir hierdie soort van ekphrasis woordkuns :notworthy: :icon_salut: :book1: PM jou woorde is sooooooo mooi :love7:
-
Willa, kan jy vir my verduidelik hoe kry jy die swart agtergrond by die woorde, asseblief.
-
as jy hier onder is dan wys ek jou hoe om The Gimp te gebruik - hierdie was toevallig 'n royality free grunge wat ek gebruik het - maar ons kan dit self ook skep met the Gimp
http://www.gimp.org/
Dis soos Adobe / Photoshop - maar 'n open source program en dus gratis ... dit is beskikbaar vir Window's / Linux en Apple Mac platforms - baie oulike program!
-
Ai Matertjie, ek hoop ons sien julle een van die dae, maar ek sal eers Maandag weet as ek Maandag al sal weet. Julle weet hoe dit gaan, ek is die laaste ou wat weet! :icon_biggrin:
Dit help nie eers ek gaan kyk nie, want ek is te oningelig!
-
Ek hou duime en tone vas dat julle binnekort hier is ... :wav:
-
Ek Myself! Julle weet nie hoe ek julle mis nie en dan gaan ons WW se telefoonpudding eet! :icon_biggrin:
-
hierdie gedig en skildery skilder mekaar volmaak aan.
:grommit:
-
Ek het die voetspoor van "Tipografiese Wit) gevolg en hier uitgekom. Ek soek nog!