Die Afrikaanse Forum

Die kuierstoep => Kom kuier saam => Topic started by: Ah Willa on May 03, 2012, 01:47:49 AM

Title: Ek loop toe Meraai van die Baai se mooi raak op Facebook
Post by: Ah Willa on May 03, 2012, 01:47:49 AM
Hoop nie Meraai
gaan vir my kraai
nie
want raai-raai
haar mooi kraai
daar op gevreetboek
of bakkiesboek

so kry vir jou
'n stukkie koek
en terwyl jy kou

kyk na haar mooi
klik die prentjie
om grooter te sien

onse Meraai van die Baai
het vele talente ....

en hierdie stukkie kunstige woorde spel
het my siel se hartkammers kom ruk en versprei oor die baai ....

Title: Re: Ek loop toe Meraai van die Baai se mooi raak op Facebook
Post by: Ah Willa on May 03, 2012, 01:50:40 AM
Ek sou graag hierdie werk van jou in Hoop Fluister wou sien :-)
Title: Re: Ek loop toe Meraai van die Baai se mooi raak op Facebook
Post by: Meraai vannie Baai on May 03, 2012, 02:13:04 AM
Watter verrassing! Jy mag dit gebruik matertjie  :notworthy: Die gedig was geskryf as 'n voorbeeld van die 'abhanga' struktuur vir PM se RK&V. Baie dankie vir jou lieflike kommentaar by die weergawe wat ek by die vroue dagboek geplaas het. Sien die ekphrasis voorbeeld het jou hart gesteel :)
Title: Re: Ek loop toe Meraai van die Baai se mooi raak op Facebook
Post by: PM on May 03, 2012, 12:14:09 PM
Ja, dit is in ons boek!  Met die steil trappe wat in die wolke verdwyn, het ek gedink dit is heel van pas.
Ek hou egter baie van die lampie by die gedig, dit gee soveel meer trefkrag. 
Ek het dit daar by my "gedigstukture-vakkie" vir boek twee gaan plaas, dalk kan ons dit so gebruik. 
Title: Re: Ek loop toe Meraai van die Baai se mooi raak op Facebook
Post by: Meraai vannie Baai on May 04, 2012, 12:26:59 AM
PM dit lyk vir my pragtig in ons boek soos jy dit geplaas het! Ek sal by die foto 'n ander ekphrasis gedig plaas as jy dit graag vir boek  2 wil gebruik hoor. Dan kan ons dit sommer as 'n struktuur gebruik?
Title: Re: Ek loop toe Meraai van die Baai se mooi raak op Facebook
Post by: PM on May 04, 2012, 04:04:56 PM
Dit sal baie gaaf wees Raaitjie.  WW het juis gevra vir 'n prentjie om oor te dig.  Ongelukkig kon ek nog nie een plaas nie.  As jy kan sal dit gaaf wees.